Wenke vir jou voorlegging
Foto’s: Phyllis Green Galery
Wanneer jy weer ’n produk of diens aan ’n maatskappy moet bemark, hou hierdie wenke van Pitch & Polish (wat entrepreneurs help om hul sake-idees in sakesuksesse te omskep) in ag.
1. Sorg vroeg in jou voorlegging vir ’n aha!- oomblik.
2. Beklemtoon die voordele van jou produk of diens en stippel uit hoe dit probleme kan oplos.
3. Gebruik visuele hulpmiddels (agt skyfies maksimum).
4. Ken jou feite en getalle en beperk tegniese besonderhede tot ’n minimum.
5. Wees bereid om vrae te beantwoord. Moenie met “ek dink” begin nie.
6. Noem reeds bestaande kliënte.
7. Sorg dat die einde konkreet, bondig en oortuigend is.
8. Hou ’n afskrif van jou voorlegging op ’n ekstra geheuestokkie.
















Kommentaar