FOTO: Instagram @nordstrom

FOTO: Instagram @nordstrom

Werk + geld

Wenke vir uitverkopings

Goedkoop koop is duur koop. Ook nie altyd nie. Met al hoe meer winkels wat al hoe meer gereeld uitverkopings het, kan jy dalk net ’n goeie winskopie losslaan. Maar jy moet kophou, waarsku SARIE se Amaria en Herman. 

Dis weer daardie tyd van die jaar wat van ons gunsteling-winkels uitverkopings het. Maar met soveel goeie deals moet jy kophou om nie vir jou ’n kat in die sak te koop nie.

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur se raad om klere op uitverkoping te koop:

  • Moenie in die strik trap om klere te koop wat jy nie nodig het nie
  • Kyk in jou kas wat jy nodig het en koop net dít, anders kan die sale dalk nie meer vir jou ’n sale wees nie as jy met onnodige items sit wat jy impulsief gekoop het
  • Onthou ook dat jy soms nie klere wat jy op afslag koop, kan terugneem nie – maak seker van die terme en voorwaardes voordat jy betaal

Spree, waarvan die SARIE-winkel deel is, het hul grootste uitverkoping nóg! Koop klere vir vroue, mans en kinders, asook huisware en geskenke vir tot 75% minder as hul oorspronklike prys. Maar opskud, dit verkoop baie vinnig uit!

Klik HIER om by Spree teen afslag te koop

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, beveel weer aan:

  • Hou kop! Moenie net koop omdat dit goedkoop is en omdat almal om jou iets koop nie!
  • Dink voordat jy iets in jou mandjie laai of dit regtig nodig is en of jy dit kan gebruik. Ek het al baie keer my eie raad vergeet en sit nou met kaste vol skoene wat ondraagbaar is

Een van ons gunsteling-handelsmerke Le Creuset het ook nou hul uitverkoping – besoek een van hulle winkels of koop aanlyn by lecreuset.co.za dié kombuisware te afslag.

lecreuset

Nóg uitverkopings en spesiale aanbiedinge

Placecol: velsorg op jou voordeur

Wanneer jy Placecol se e-winkel vanaf 25 Julie 2015 – 31 Augustus besoek en vir meer as R750 koop, kry jy die Placecol Illuminé Reviving Oil ter waarde van R420 gratis!*

Lees meer HIER.

placecol

Die koffiemasjien Café Venezia van Breville word vir R300 minder by @home verkoop, plus jy kry ’n koffiehouer gratis wanneer jy dié toestel aankoop.

Wat is jou wenke om ’n winskopie uit te snuffel?

(Terme en voorwaardes geld by alle aanbiedinge)