FOTO: Alexander Filonchik / Unsplash

FOTO: Alexander Filonchik / Unsplash

Werk + geld

Werkdilemma: Hoe nou?

Die jaar is nog in sy babaskoene, maar jy staan reeds soggens met ’n swaar gemoed op. Hoekom? Jy kry swaar by die werk. Daar’s gemengde gevoelens. Jy sukkel om gehoor te word, jou oopplankantoor vreet jou konsentrasie en jou baas is jonger as jy. Hier’s drie dilemmas wat jy by jou werk kan beleef. Ons het kenners om raad gevra, sodat jy nie hoef nie.

Dilemma

1. Ek sukkel om myself te laat geld

Is jy bang om voor op die wa te wees? Moenie! Selfhandhawende gedrag het meer voor- as nadele. Maak daarom selfgelding jou doelwit, en maak jou visie dít wat jy daaruit gaan kry: Jou baas gaan jou raaksien, na jou luister en jy gaan vorder. Lees meer hier.

FOTO Unsplash /Tim Gouw

FOTO Unsplash /Tim Gouw

2. Help, my baas is jonger as ek!

Die dilemma: ’n Jong vrou het die aanstelling gekry waarop ek gehoop het. Dis erg genoeg, maar dit voel ook onnatuurlik, soos toe my jonger sus voor my ma geword het. Moet ek nou jonger aantrek? My baas se pêl wees? Sy het nie juis ’n saak met my nie. Of dalk ma speel? Lees wat kenners sê hier.

3. Die oopplankantoor vreet my konsentrasie

Oopplankantore is deesdae ’n werkplek-realiteit. Maar hoe gemaak as dit eenvoudig nie vir jou werk nie? Kenners gee raad, sodat jy kan begin floreer. Lees meer hier.

Kantoor. FOTO @asianpacificservicedoffices_instagram

FOTO  Instagram / @asianpacific

Lees nou

Khloé Kardashian skitter in ’n sweetpak

AB se Danielle weer swanger

Trouklokkies vir prins Harry en sy Meghan?