rb1
Mode

Kyk so ‘n slim serp

Omdat dit so ‘n slim ontwerp is, is dit ‘n serp wat jy winter én somer sal dra, sê die ontwerper Marnhe du Plooy.
 
“Ons maak ons Rond-en-Bont-serp van lang stringe lap wat aanmekaar vasgewerk word – vandaar die term ‘infinity scarf’,” verduidelik Marnhe. “Die ontwerp laat jou toe om hom styf om die nek te dra om jou warm te hou, of losweg in lang stringe te drapeer in warmer weer.”

Hier is ‘n paar idees oor hoe jy dit kan dra.

Stuur e-pos aan studio@roomfordesign.co.za vir navrae of bestellings, of besoek Marnhe se blog by www.rondenbont.blogspot.com