Dra dit só

By jou tuniek

1. Flonker in die donker
‘n Swart tuniek vol blinkers skitter in Thula Sindi se winterreeks vir 2010 tydens die Audi-modeweek in Johannesburg.

Wenke:

Dra die items só saam met jou tuniek

 

2. Warm onder die kraag
Maak die eerste laag van jou tuniek-uitrusting vir winter ‘n lekker warm polonek van wit katoen (R299), Wild Orched. Groottes: S – M

Wit katoen Polonek, (R299), Wild orchid.

3. Blou is nou
Blou is ‘n groot kleur vir 2010. Dra jou vlermuismou-trui (R379,95), Rage, bo-oor ‘n tuniek, en later in die lente oor ‘n blomrok. Groottes: S – XL
Vlermuismou-trui, (R379,95), Rage

4. Vrede vryheid en fraiings
Bykomstighede gee jou tuniek ‘n hippie-voorkoms. Dra dié stewels met kouse met tekstuur. En kry vir somer ‘n handsak, selfs skoene met fraiings. Grys stewel van leer (R1 699), Luella.
Grys stewels van leer (R1 699), Luella.

5. In skeur en fleur
Jeans bly ‘n treffer, veral geskeurde jeans onder jou tuniekrok of -top. Kies reguit pype. Gewis goeie waarde vir geld vir die volgende paar seisoene. Geskeurde jeans (R599), Esprit. Groottes: S – XL.
Geskeurde jeans, (R599), Esprit. Groottes: S – XL
6. Rol op jou moue!
Hou jou tuniek se moue lank in die koue, maar rol hulle op wanneer die son begin bak – en dadlik lyk jy soos die varsste foto in die nuutste modeboek. Tuniek (R799), Nicci Boutique. Groottes: S – XL
Tuniek , (R799), Nicci Boutique. Groottes: S – XL
7. Grootoog
Skaf ‘n gróót bril aan vir die warm dae, verkieslik met ‘n plastiekraam. Kies van die nuwe lense en rame met skakerings van lig na donker. (R1 570), Tom Ford.
Sonbril, (R1 570), Tom Ford.
8. Maak ‘n stelling
Hoe bonkiger hoe beter, só lyk vanjaar se juwele. Beklemtoon ‘n slanke nek met ‘n halssnoer van materiaal-sirkels (R299), Accessorize.
Halssnoer van materiaal-sirkels (R299), Accessorize
9. Behoede jou
Haal verlede somer se trilby-hoed van strooi uit met die eerste lenteson – die ideale bykomstigheid by jou tuniek. Trilby-strooihoed (R229), Accessorize.
Trilby-strooihoed (R229), Accessorize.
10. Ideaal neutraal
Hierdie skoen pas heerlik by somer se tuniekrok of -top. Gladiator-hak van kunsleer (R299,95), Shoe City.
Gladiator-hak van kunsleer, (R299,95), Shoe City
11. Dié saak is beklink
Klinknaels is koning vir 2010 se winter én somer. Handsak (R449,95), Billabong.
Handsak , (R449,95), Billabong.