Dra dit só

Só dra jy die kleur van 2014, Radiant Orchid

Die fuchsia-geïnspireerde Radiant Orchid is die kleur van 2014 en vervang so verlede jaar se smaraggroen.

Leatrice Eiseman van die kleur-outoriteit Pantone, wat dié perspienk as die kleur van 2014 aangewys het, beskryf dit as ’n eksotiese kleur met pienk ondertone. Die kleur is ook simbolies van kreatiwiteit en innovasie – iets wat in 2014 meer as ooit tevore belangrik gaan wees, voorspel sy.

Screen Shot 2013-12-13 at 3.41.58 PMSó kan jy vanjaar Radiant Orchid in jou lewe inbring

Mode

Volgens stylishandtrendy.com pas fuchsia by verskillende velskakerings, jy moet net die skakering aanpas:

  • Vir ’n baie ligte veltoon: Kies ’n kleur met grys-pers ondertone
  • Ligte vel: Enige skakering van fuchsia sal by jou pas, maar ’n diep pers of een met ’n perske ondertoon sal baie goed lyk
  • Medium veltoon: Kies fuchsia met natuurlike kleure as ondertoon, soos dieprooi, grys, karamel en bruin
  • Olyfkleur vel: Gewoonlik word mense met ’n olyfkleur veltoon afgeraai om pienk te dra, daarom is fuchsia is ’n goeie keuse: dit laat jou gelaat nie uitgewas lyk soos wat pienk dikwels doen nie
  • Donker: Donker skakerings van pers en pienk fuschia lyk goed by mense met ’n donker vel

Blaai deur ons galery vir “Radiant Orchid”-geïnspireerde modes

Knit Maxi Dress

Watercolour Print Tunic Dark Purple

Chiffon Evening Jacket

Leather Wedges With Ankle Straps

Paz Pumps

Pink Lips Sunglasses

Ear Dots Pink

Skoonheid

Radiant Orchid is ’n veelsydige kleur – ook wat die skoonheidswêreld betref. Dra dié skakering en sy pasmaats op jou oë, lippe of naels!

1.    Probeer Rimmel Scandal Eyes Mono Eyeshadows in Plum Romance (R70) vir ’n smeulende pers voorkoms – pers rokerige oë is deesdae baie gewild.
2.    Dra bogenoemde voorkoms by swart oogomlyner en maskara en neutrale lipstiffie.
3.    Vir bietjie afwisseling en drama kan jy jou oë omlyn met M.A.C Divine Night Fluidline in Macroviolet (R190). Dié produk is nog net tot Februarie beskikbaar.
4.    Onthou om dié voorkoms met ’n natuurlike lipstiffie af te rond.
5.    Helder naels is altyd mooi in die somer. Probeer Wet n Wild  Megalast Salon Nail Colour in Through the Grapevine (R50, by uitsoektakke van Clicks)
6.    Niks maak ’n standpunt soos helder lipstiffie nie. Dra dié somer Estée Lauder Pure Colour Vivid Shine Lipstick in Poppy Love (R275).
7.    Jy wil nie die aandag van jou helder lipstiffie aftrek nie. Dra dit daarom saam met neutrale skakerings oogskadu by ’n vloeibare swart oogomlyner en ’n glansende gelaat.

In jou huis

Slaap My Liefie Wall Art (links) en Scatter Cushion Cover (regs)

Floral Bowl Pink (links) en Bedside Dhurrie Rug In Pink (regs)

Lunch Punch Sandwishes Sandwich Cutters Set (links) en Kenwood Kmix Blender