Gisele Bündchen in een van die herfs-trends besige motiewe.  
FOTO: Emilio Pucci

Gisele Bündchen in een van die herfs-trends besige motiewe. FOTO: Emilio Pucci

Dra dit só

Herfs 2014: Die top-trends vir dié seisoen – DEEL 1

Die groot oorsese modeweke het tot ’n einde gekom. Ons kry inspirasie uit Londen, New York en Parys en soek klere wat by die herfs se mode-trends pas.

Die gróót trend vir dié seisoen? Gemak. Kies dus klere wat by jou lyf pas en jou gemaklik laat voel. Ons het reeds ’n verskeidenheid items uit die SARIE-winkel vir jou gekies, so koop maklik aanlyn, of soek dié trends in die winkels!

Trend 1: Helder kleure en bont motiewe

By al die modeweke, en veral tydens die Paryse Modeweek, was helderkleurige motiewe en interessante patrone oral te sien.

Hoe dra ek dié trend?

  • Kies een item van ’n baie bont materiaal
  • Dra dít saam met eenkleurige items
  • Jou eenkleurige items moet in ’n kleur(e) wees wat ook in die motief-item voorkom
  • ’n Hele uitrusting in helder kleure en bont motiewe kan werk as jy dit reg dra – maar min mense kan
As die nuwe gesig van Emilio Pucci, dra Gisele Bündchen een van hul uitrustings. FOTO: Verskaf

Gisele Bündchen in ‘n Emilio Pucci-uitrusting
FOTO: Verskaf

Denimbaadjie R350, top R99, blompatroon broek R250, halssnoer en oorbelle R89 (word verkoop as ’n stel) en ballet-styl skoene R199. FOTO:  Miladys

Denimbaadjie (R350), top (R99), blompatroon-broek (R250), halssnoer en oorbelle (R89, word verkoop as ’n stel) en balletstyl skoene (R199). FOTO: Miladys

Trend 2: Pienk

Ons is baie opgewonde oor dié trend! Pienk in alle skakerings gaan groot wees – van broeke, hemde, rokke tot skoene.

Pienk met ’n pers ondertoon is ook groot nuus – onder die invloed van Pantone se kleur van die jaar, Radiant Orchid. Klik hier om meer pienk trends te sien.

Hoe dra ek dié trend?

Cara Delevigne open Chanel se mode-vertoning by Parys Haute Couture Modeweek. FOTO: Verskaf

Cara Delevingne vir Chanel tydens die Paryse Haute Couture Modeweek
FOTO: Verskaf

Trend 3: Detail

Detail op uitrustings volg dié seisoen een reël: te veel is nooit te veel nie.

Hoe dra ek dié trend?

 Môre kyk ons na nóg 3 trends vir die herfs. Hou SARIE.com dop!

Kyk hier na die belangrikste trends van die vorige modeweke