Chanel by Parys Haute Couture Modeweek. FOTO: Verskaf

Chanel by Parys Haute Couture Modeweek. FOTO: Verskaf

Dra dit só

Herfs 2014: Nóg top-trends vir dié seisoen

Die groot oorsese modeweke het tot ’n einde gekom. Ons kry inspirasie uit Londen, New York en Parys en soek klere wat by die herfs se mode-trends pas.

Die gróót trend vir dié seisoen? Gemak. Kies dus klere wat by jou lyf pas en jou gemaklik laat voel. Ons het reeds ’n verskeidenheid items uit die SARIE-winkel vir jou gekies, so koop maklik aanlyn, of soek dié trends in die winkels!

Ons het gister na die eerste drie trends gekyk, vandag kyk ons na die res. Klik HIER om te kyk na die trends wat ons gister gewys het.

Trend 4: Ruitpatroon (check)

Dié trend laat ons dink aan koffie om die kampvuur en snoesige wintersklere.

Hoe dra ek dié trend?

  • Jy kan enige item met dié patroon dra, soos ’n hemp, serp of mus
Blokpatroonhemp R240, denimbroek R325 en stewels R350. FOTO:  Miladys

Blokpatroonhemp (R240), denimbroek (R325) en stewels (R350). FOTO: Miladys

Trend 5: Sirkel- en midirompe

Ons put inspirasie uit die 1950’s met sirkel- en midirompe.

  • Gooi die maksirompe van verlede seisoen uit
  • Kies rompe wat tot by jou kuit kom
  • Minirompe maak ook weer ’n verskyning
  • Dra dit saam met sykouse

Trend 6: Laag op laag

Dis die beste manier om stylvol én warm te bly in die koeler maande.

Hoe dra ek dié trend?

  • Jou eerste item (die onderste laag) moet van die dunste materiaal wees
  • Kies items wat elkeen ’n ander snit is, byvoorbeeld ’n kraaghemp met ’n trui bo-oor en ’n jas. Só kan jy elke item sien en kan die kleure tot jou hele voorkoms bydra
  • Dis altyd goed om bietjie te eksperimenteer. Speel met kleurkombinasies en verskillende lengtes en style
  • Hou ’n belt byderhand. As jy voel jou silhoeët raak verlore onder jou jas; maak ’n belt om jou middel vas
'n Rok in blokpatroon deur Tommy Hilfiger FOTO: Verskaf

‘n Rok in ruitpatroon deur Tommy Hilfiger FOTO: Verskaf

Kyk na Trend 1 – 3 HIER.

Kyk hier na die belangrikste trends van die vorige modeweke