Candice Swanepoel FOTO: Woolworths

Dra dit só

Hoe om jeans hierdie somer te dra

Jeans is een van daardie moet-hê items in elke vrou se kas. Dra dit deur die dag, of dra dit deftig vir die aand, dié stywe materiaal is klassiek en gee jou ’n sexy silhoeët.

Die SA model met die modewêreld aan haar voete, Candice Swanepoel, is die nuwe gesig van Woolworths se RE:-reeks. Sy het onlangs in haar besige skedule tyd gemaak om Suid-Afrika te besoek om dié veldtog te skiet, én ook saam met die liefdadigheidsorganisasie Operation Smile te werk – lees meer hier.

Woolworths het met ons die groot denim-trends vir die somer gedeel:

Die denim-op-denim voorkoms

Candice Swanepoel FOTO: Woolworths

Candice Swanepoel FOTO: Woolworths

Dra jou denimbaadjie saam met ’n sagte denim-hemp en ’n ingeloopte jean vir ’n rebelse voorkoms.

Silhoeët

Die boyfriend jean sit lekker los, maar het ’n nouer pyp as in die verlede. Die stywe noupyp is steeds hoogmode, maar die nou reguitpyp én ’n noupyp met ’n effense uitklok begin nou populêr raak.

*Kies gemaklike rekbare materiaal wat mooi sit én gemaklik is.

‘Worn and torn’

Candice Swanepoel FOTO: Woolworths

Candice Swanepoel FOTO: Woolworths

Jeans wat ingeleef en gebleik lyk skep ’n vars en sorgvrye voorkoms vir die somer.

Kleur denims

Gekleurde denims is steeds in die mode. Kies vir die somer twee-kleurige denims – wit en blou is veral populêr.

Versorg jou denims só om dit langer mooi te hou

Ons gunsteling denim-items

Die denimbaadjie en die sagte denimhemp is veelsydig én in die mode – kry dit by Woolworths.

Jy kan nie ’n fout maak met ’n blou denim nie. Koop die ligte ingeleefde jean by Woolworths (links). Die donker denim (regs) is spesiaal vir plus-grootte vroue. Die donker Skinny Stretch-denim Jeans laat jou onderlyf kleiner lyk! Kry dit in SARIE se aanlynwinkel.

Jeans hoef nie net blou te wees nie! Kry die Miracle Slim-fit Jeans wat jou maerder laat lyk (links) en die vrolike Floral Printed Jeans (regs) in die SARIE-winkel.