FOTO: Hèrmes se wêreldbekende serpe (Somer 2012- veldtog)

Dra dit só

VIDEO: Hoe om jou somer-serp te dra

’n Serp is lankal nie net meer vir die winter nie. Dra in die somer ’n serp om jou uitrusting nog meer stylvol te maak.

Ackermans en SARIE.com wys jou 3 maniere om jou serp dié somer te dra…

Interessant geknoop

Dié opsie gee jou uitrusting kleur en hou jou serp in plek met die twee knope. Dit werk veral goed as jy lae dra (soos ’n oop hemp bo-oor ’n frokkie).

Halssnoer-serp

Dié opsie is baie spelerig en gee vir jou daardie tikkie kleur by ’n eenvoudige uitrusting.   Draai die serp styf om ’n klein halssnoer te maak, of losser vir ’n bonkige effek.

’n Oulike idee is om jou serp deur los juweliersware of krale te ryg. Só kan jou serp glinster in die somerson.

Kies die regte bril vir jou gesigsvorm!

Vat dit kop toe

In die somermaande is dit soms lekker om jou hare wat vinniger vuil word (sweet, swembad- of seewater) te bedek. Maak ’n speelse strik, of kopdoek daarmee. Ons het gekies om ’n kopband te vou.

Eksperimenteer met wat die mooiste by jou gesig pas – ’n poniestert, vlegsels, los krulle of selfs om al jou hare onder die serp in te vou.

Kry golwende krulle met jou stileeryster!

Ons SARIE-winkel het ’n somer-serp vir jóú!

Striped Scarf

Striped scarf

Floral green scarf en Cobalt blue scarf

*Serpe in die video’s verskaf deur Ackermans. Vir meer inligting oor winkels, sien ons Koopgids.