G-Star Raw se nuutste mode-veldtog met wêreldbekende model, Lily Cole. FOTO: Verskaf

Dra dit só

Kies jou jeans só – 5 wenke

Elke vrou soek een wat perfek pas. Hoe weet jy wanneer jeans reg is vir jóú? Shubhankar Ray, globale handelsnaamdirekteur van die winkel G-Star RAW,
gee raad.

1

Soek ’n denimbroek met min nate.

2

Kyk of daar ’n bietjie rek in die materiaal is.

3

Let op na die agterste broeksakke: die sakke moet nie te ver uit mekaar wees nie. Dit
is nog beter as hulle effens skuins loop (bokante na buite) en nie net regaf is nie.

4

Die meeste vroue hou nie van voorste sakke wat groot en diep is nie. Jeans sonder
sakke voor, met net die illusie van ’n sak, is beter.

5

Jeans waarvan heupnate effens na vore sit, pleks van reg op die kant, is vleiender. Dit
laat jou bene dunner en heupe smaller lyk.

G-Star RAW het winkels in Sandton City, Menlyn Park, Canal Walk en die V&A Waterfront. Skakel 021 418 9000

In die SARIE-winkel het ons ’n jean vir jou

Jeans in alle kleure

ook vir swanger vroue

en vroue met kurwes