Diaan Lawrenson gee die snyerspak nuwe glans in Mooirivier
FOTO: verskaf

Diaan Lawrenson gee die snyerspak nuwe glans in Mooirivier FOTO: verskaf

Dra dit só

Kry jou gunsteling-sterre in Mooirivier se styl

Sukkel jy ook in die oggend om te besluit wat jy gaan aantrek? Ons kry inspirasie by ons gunsteling-sterre in die fliek Mooirivier en skep hul voorkoms vir jóú!

Dié rolprent Mooirivier is die eerste Suid-Afrikaanse ensemble-film, ’n fliek met baie karakters en ook meer as een storielyn, soos die Britse rolprent Love Actually. En SARIE is ’n trotse mediaborg van dié opwindende projek.

Kyk net na van ons gunsteling Suid-Afrikaanse aktrises se klerestyl in dié rolprent.

Denim-meisie soos Anel Alexander

Anel Alexander in Mooirivier FOTO: verskaf

Anel Alexander in Mooirivier
FOTO: verskaf

Ons is mal oor Anel Alexander se denim-uitrusting. Soos Anel kan jy dié voorkoms meer elegant maak deur wighakke daarby te dra. Breek die denim-op-denim-voorkoms met ’n mooi belt en ’n interessante handsak.

Kry Milan Murray se stylvolle voorkoms

Milan Murray FOTO: verskaf

Milan Murray
FOTO: verskaf

Milan Murray lyk stylvol en elegant in haar wyepypbroek en die netjiese baadjie. Dié voorkoms is perfek vir die kantoor én om te gaan uiteet ná werk. Boonop kan jy dit tydens enige seisoen aantrek!

Diaan Lawrenson is kantoor-sjiek

Diaan Lawrenson gee die snyerspak nuwe glans in Mooirivier FOTO: verskaf

Diaan Lawrenson gee die snyerspak nuwe glans in Mooirivier
FOTO: verskaf

Die dae van die glansryke snyerspak is nie verby nie! Diaan Lawrenson lyk net so mooi soos wat die aktrise Emma Watson onlangs op die rooi tapyt gelyk het in ’n snyerspak. Die voorkoms is tydloos en elegant. Maak dit ’n vroulik met ’n helder bloes.

*Die aktrises is uit die SARIE-winkel binne spree aangetrek.

Wat is jóú gunsteling-uitrusting? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Nóg oor Mooirivier op SARIE.com