Dra dit só

Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl

Hy was tot onlangs die aanbieder van die oormaak-program ID op kykNET en is ’n gereelde gas op Glitterati. Hy vertel hoe jy jou hare ook soos Nadia s’n kan kry.

KRY SÓ NADIA SE HAARSTYL

Nadia se haarstyl is ‘n bietjie kabouter, ‘n bietjie Twiggy en baie veelsydig.

Op foto 2 is haar hare reguit geblaas en los punte in haar nek met knippies weggesteek – as jy jou hare permanent só wil dra, laat dit eerder só knip.

Vir die ander twee style is ‘n stileerproduk deur haar hare gekam vir volume en toe met die vingers gestileer en drooggeblaas. As jy dun hare het soos Nadia moet jy versigtig wees om nie te veel van ’n produk te gebruik nie – hare val dan maklik plat.

Nadia Valvekens Nadia Valvekens

* Kyk ook: Watter voorbladfoto van Nadia sou jy gekies het?


  • hester

    sy lyk pragtig in al twee haarstyle.

  • 2V7iMu ylyraniypjxv, [url=http://xolbodqtgiwd.com/]xolbodqtgiwd[/url], [link=http://zadqtstltgha.com/]zadqtstltgha[/link], http://vfcgokinhjlz.com/

  • Sue

    Ek is mal oor die haarstyl, het self dun hare en wil graag weet wie haar hare sny.

  • Lydia

    Dit is ‘n heerlike, maklike styl – my hare is baie dieselfde gesny en ek is regtig baie gelukkig met die styl. Ek hou van die deurmekaar styl, want dit gee karakter!