FOTO: Simon Deiner en SDR Photo

FOTO: Simon Deiner en SDR Photo

Dra dit só

Lyk stad-sjiek met ‘n snyerskortbroek!

Dié styl maak elke jaar ‘n verskyning en hierdie jaar is geen uitsondering nie. Jy kan jou snyerskortbroek saam met netjiese snyershemde en werkskoene, maar ook met sagte, vloeiende t-hemde en sandale dra. Dit is tydloos en klassiek en ‘n gunsteling onder baie vrouens om gemaklik-modieus te wees.

Die snyerskortbroek was op elke loopplank by die mees onlangse modeweke. Wat dit vanjaar anders maak as in die verlede, is dat dit saam met ‘n hemp met ‘n hoë neklyn gedra word. Dit word ook dié seisoen saam met ‘n paar stylvolle plat sandale vir ‘n vars en moderne voorkoms gedra.

Rubicon TWO

Rubicon tydens SA modeweek 2013                                 TWO tydens SA modeweek 2013

Reëls vir ‘n korbroek by die werk:

  • Maak seker dit is ‘n snyerskortbroek, jy wil nie lyk asof jy strand toe gaan nie.
  • As jy in ‘n formele omgewing werk, sorg dat jou broek nie te kort is nie.
  • Kies eerder ‘n swaarder en duurder materiaal wat nie kleef nie.
  • ‘n Kortbroek wat hoog tot by jou middel kom, lyk elegant as jy ‘n bloes daarby wil insteek.
  • Dra ‘n oulike belt daarby om jou middel definisie te gee

Kry dié voorkoms in die SARIE-winkel

LABEL FEMME

“Boxy Shirt” van Label Femme                           Fern-Dubbelkraag-bloes van Friede-Mari Kellerman

LABEL FEMME Hemp met twee sakke van Label Femme

Dra ‘n snyersbaadjie vir ‘n gesofistikeerde voorkoms:

“Gold Pocket Jacket” van Crave CRAVE
Amanda Laird Cherry “Alberta Brogues” van Amanda Laird Cherry
“Althia Sandals” van Amanda Laird Cherry Amanda Laird Cherry
Jinger Jack FSP

“Leather tote bag” van Jinger Jack                                    “Molly leather handbag” van FSP

‘n Hoed is ‘n prettige manier om jou uitrusting op te kikker

Gina Laura Designs “Felt Hat” van Gina Laura Designs
Fred Tsuya Amanda Laird Cherry

“Beige printe scarf” van Fred Tsuya                             “Amber-belt” van Amanda Laird Cherry

“Classic gold watch” van Guess GUESS

Alle loopplank foto’s verskaf deur Simon Deiner en SDR Photo

*Toe dié artikel gepubliseer is, was die pryse van die items korrek en die items was nog beskikbaar in die SARIE-winkel. Pryse en voorrade mag enige tyd verander.