Dra dit só

Lente 2010: 11 wenners dié seisoen

1. Kakie Kan
Van steenkleur tot olyfgroen – ontwerpers is dol oor kakie. KLûK CGDT het verskeie artikels in dié perfekte kleur tydens die Afrika-modeweek vertoon.

KLûK CGDT by die Afrika-modeweek

2. Hang uit

n Lang hemp is ’n heerlike basiese item vir die lente en warmer dae. Dit werk ook saam met die gewildste voorkomste vir 2010, soos seilvaart en militêr.

Hemp van katoen
R499
Nucleus
Groottes: S – XL

3. Ai, aster aster…

Fyn blompatrone is baie gewild. Kombineer dit gerus met strepe.

Katoenrok
R599
Sissy Boy
Groottes: 4 – 14

 

4. Dis in die sakkie

’n Trekkoord-handsak is ’n moet vir die seisoen – perfek vir ’n ontspanne voorkoms.

Bruin kunsleer-sak
R199,95
Edgars

   5. Streepsuiker

Strepe is ideaal vir ’n informele én sjiek geleentheid.

Rooi-en-wit gestreepte, fyngebreide trui
R600
Marion & Lindie

  6. Rooiwarm jeans

In ’n paar gekleurde jeans is jy voor in die modekoor saam met Rihanna, Fergi en mischa Barton. Die kleure is vars, soos primêre rooi, geel en groen. Vermy die mosterd en bottelgroen-kleure van die 90’s.

Noupyp-jeans
R599
Sissy Boy
Groottes: 4 – 14

   7. Sexy serpe

Met ’n koue nog in die lug, is serpe steeds groot nuus. Dit vervang halssnoere. serpe van katoen met interessante patrone is ’n wenner.

Katoenserp met geruite patroon
R229
Esprit

   8. Kami-Koel

Stukke wat deur onderklere geïnspireer is, is nou net die ding, veral die kamisool. Die voorkoms is nonchalant. Dra dit saam met jeans of speel met laag-oplaag.

Swart kamisool
R459
Oaktree @ Stuttafords
Groottes: 32 – 40

  9.Slaan jou klinknaels in

In kleure te kies en te keur, breed of dun, jou belt moet klinknaels hê.

Blou belt van kunsleer
R299
Slick

   10. Klompe Hollandse swier

Die klomp is terug in sy volle glorie. Vermy egter die 90’s-styl wat ’n laer hak het. Vir 2010 is dit ’n hoë hak met interessante detail.

Klomp met uitsnydetail van kunsleer
R699
Zoom

  11.  Ongebreide styl

’n Paar fyngebreide stukke is ’n goeie basis vir elke vrou se klerekas. Kyk veral uit vir steenkleure, ligte spoelklipgrys, beige en olyfgroen.

Waterval-oopknooptrui
R590
Jo Borkett
Groottes: S – L