Dra dit só

MODERAAD: Kies jou handsak só

Met so ’n verskeidenheid op die winkelrakke kan die keuse van ’n handsak oorweldigend raak. SARIE se modespan wys jou wat die nuutste trends is en watter tipe handsak vir watter geleentheid werk.

Ons is mal oor dié handsakke wat Jennifer Lawrence in die Dior-veldtog vashou. Dior is in die kol met die interessante en kleurryke handsakke, want dít is vanjaar se handsak-trends.

Jennifer Lawrence vir Miss Dior

Jennifer Lawrence vir Miss Dior

Klik HIER vir stap-vir-stap-foto’s om jou hare soos Jennifer s’n te stileer.

 In watter handsak moet ek belê?

  • Belê in die handsak wat jy elke dag gaan gebruik. Hierdie handsak is die een wat jy volpak met jou daaglikse benodighede en die een wat jou deur alle weersomstandighede en geleenthede bystaan. Besluit dus op ’n goeie materiaal wat nie maklik vuil raak nie, of wat maklik skoongemaak kan word.
Multi-kleurige handsak beskikbaar by Carvela. FOTO: Verskaf

Multikleurige handsak beskikbaar by Carvela FOTO: Verskaf

  • As jy ’n ander handsak vir werk gebruik, moet dit van goeie materiaal, soos leer, wees. Maak ook seker hierdie handsak is groot genoeg en dat dit maklik oor jou skouer gedra kan word.

Op watter handsak kan ek spaar?

  • Handsakke wat deel vorm van die nuuste mode-neigings. Dit gaan net vir ’n beperkte tyd in die mode wees en jy moet liewer nie te veel geld daarop spandeer nie, want dit gaan tien teen een gouer as later agter in jou klerekas lê.
  • ’n Handsak wat jy vir ’n spesifieke geleentheid koop, hoef nie ’n groot belegging te wees nie.
  • ’n Palmtas is die perfekte bykomstigheid wat kleur aan ’n uitrusting verleen, of die hele voorkoms kan afrond. Wees versigtig om te veel geld in een te belê, omdat jy dit nie elke dag gaan gebruik nie. Dis lekker om ’n paar palmtasse in verskillende kleure en style te hê.

Hoe groot moet my handsak wees?

  • Bekendes soos Kim Kardashian en Victoria Beckham is almal lief vir groter handsakke. Jy moet net versigtig wees dat jou handsak nie té groot is nie, want dit kan baie maklik soos ’n naweeksak lyk.
  • Kies ’n handsak wat net groot genoeg is vir jou basiese benodighede. As dit té groot en oorlaai is, kan dit nek- en skouerproblemes veroorsaak.

Kyk deur ons galery vir die gewildste handsakke van die afgelope paar internasionale modeweke:

Mansur Gavriel se kleurryke leerprodukte. Hulle is bekend vir hul leerhandsakke en die helder kleure binne-in die sakke.
FOTO: Instagram

Dié helderkleurige kombinasie-handsakke was te sien by Alexander Wang se vertoning by die New Yorkse Modeweek.
FOTO: Instagram

Hierdie uitrusting van Chanel was te sien op die loopplank by vanjaar se Paryse Modeweek. Dit lyk vir ons of die heup-handsak van die 90's terugkom!
FOTO: Verskaf

Brunello Cucinelli se rugsak was ook op die loopplank.
FOTO: Instagram

Hierdie handsak van Burberry het die kameras laat flits.
FOTO: Instagram

Kotur se speelse palmtasse by die Londense Modeweek.
FOTO: Instagram

Michael Kors se ekstragroot swart palmtas met lang tossels was 'n wenner!
FOTO: Instagram

The Row is bekend vir hul klassieke ontwerper en items wat tydloos is. Hier is een van hul nuutste skouerhandsakke.
FOTO: Instagram