FOTO: Simon Deiner / SDR Photo. Ontwerper: Sies! Isabelle

FOTO: Simon Deiner / SDR Photo. Ontwerper: Sies! Isabelle

Dra dit só

Dra pienk só hierdie somer

Pienk is jaar na jaar ’n gunsteling-kleur vir die lente en somer en met goeie rede! Die regte skakering pienk vir jóú veltoon laat jou bruiner lyk én dis ’n baie vrolike kleur.

Verlede jaar het modekenners voorspel dat die pienk rok moontlik die little black dress kan vervang!

En ons het dit ook onlangs by ons gunsteling celebs gesien. Oprah het gister ’n praatjie in Johannesburg gelewer en het pragtig gelyk in haar knie-lengte pienk rok. (Lees meer oor haar besoek hier).

 

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

 

Karlien en Minki het albei hul baba-magies in pienk mini-rokke gewys.

Jo-Ann Straus het ook vroeër vanjaar pragtig in pienk gelyk met die opname van haar program, Glambition. Lees meer oor die program hier.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

Jessica Alba het onlangs pragtig gelyk met haar pienk lipstiffie.

 

 

 

 

 

Die nuwe trend: pienk lipstiffie. Dra dit só!

Sandra Bullock en Katie Holmes het ook vir die première van Sandra en George Clooney se nuutste fliek, Gravity, pienk gekies. (Lees meer oor dié fliek hier).

FOTO: Twitter

Sandra Bullock op die rooi tapyt, FOTO: Twitter

Katie Holmes het die media se aandag getrek in haar pienk mini-rok, FOTO: Twitter

Wenke vir pienk grimering

  • Pienk lipstiffies of lipglans is dié lente en somer ’n moet-hê-item in jou grimeersakkie. Maak ’n stelling met ’n helderpienk lipstiffie of probeer ’n ligte skakering van pienk vir ’n sagte, romantiese voorkoms.
  • Dra jou ligpienk lipstiffie met donker, rokerige oë om die voorkoms meer dramaties te maak.
  • Neutrale oogskadu’s in skakerings soos bruin met ’n dramatiese streep oogomlyner teen jou boonste oogwimpers komplementeer die helderpienk lipstiffies die beste.
  • Maak ook seker dat jy altyd ’n pienk blosser by jou pienk lipstiffies dra, eerder as oranje of rooi!
  • Wend eers onderlaag aan jou lippe – dit sal daarvoor sorg dat die ware kleur van jou lipstiffie sigbaar is.

Watter pienk vir jou vel?

As jy ’n warm gelaat het, moet jy ’n pienk met ’n warm ondertoon kies, terwyl skakerings met ’n koel ondertoon iemand met ’n koel gelaat meer sal vlei.

Het jou vel ’n warm of ’n koue ondertoon?

Kyk net na jou polse! As jou are groen lyk het jy ’n warm ondertoon, en ’n blou skakering dui weer op ’n koue gelaat.

Die nuutste trends in mode én skoonheid is om ons vroulikheid aan te gryp, en hoe beter om dít te doen as in pienk – alles van sagte pastel tot dramatiese cerise.

Pienk in die SARIE-winkel

Keyhole Dress en Shortsleeved Blouse With Concealed Stand

Bikini Top With Moulded Cups en Basic Bikini Bottoms

Shift Dress With Tipping en Pastel Knit Dress

Ons is mal oor dié pragtige pienk handsak van 9 bright structured summer bagMiladys: