Mariacarla Boscono op die Sjinese Vogue se voorblad vir November 2013

Dra dit só

Dra dit só: Simplisties en klassiek

Die kleure, snitte en patrone mag dalk van seisoen tot seisoen verskil, maar ’n gesofistikeerde silhoeët met skoon lyne gaan nooit uit die mode nie.

FOTO: Instagram

Candice Swanepoel  lyk sjiek in suiwer wit. FOTO: Instagram

Hoe kry jy dié vars en moderne styl?

  • Soek vir items met skoon lyne
  • Die klere vorm baie keer ’n sterk geometriese vorm en is nie noupassend nie
  • Motiewe, appliek-detail en opvallende kleure laat dié simplistiese styl alles behalwe eenvoudig lyk
  • Dra min bykomstighede sodat alle aandag op jou uitrusting is
  • As jy bykomstighede dra, moet dit bonkig wees om aan te sluit by dié sterk styl
  • Hoëhakskoene met enkelbandjies en gepunte hofskoene pas by dié styl

Só dra Rina Hugo se dogter, Anri Van der Linde, dié styl – stylvol sonder moeite!

FOTO: by die SARIE Voorbladgesig glans-geleentheid (Phyllis Green)

FOTO: by die SARIE Voorbladgesig glans-geleentheid (Phyllis Green)

Simplisties by die Londense Modeweek

Die Skotse ontwerper Holly Fulton het dié styl omarm met stylvolle hempsrokke en potloodrompe. Sy het meestal pastel- en neutrale kleure gebruik.

Die Britse ontwerpershuis Daks het dié styl op ’n meer romantiese manier benader. Klassieke style en snyersbroeke in pastel, kameel-bruin en wit het gesorg vir ’n elegante, vars voorkoms.

Lyk gesofistikeerd en sjiek met dié uitrustings uit die SARIE-winkel: 

“Studded heels” en “Belt with gold bar buckle”

Die Brasiliaanse ontwerper Barbara Casasola het werklik dié styl weerspieël tydens die Londense Modeweek met haar luukse materiale en sterk lyne.

Ontwerper Matthew Williamson het dié styl speelvol gemaak. In helder kleure soos lemmetjie groen en pragtige appliek-detail hoort dié styl op die wêreld se loopplanke!

 Vir die voller figuur uit die SARIE-winkel:

Die styl is ook ’n slim kopie vir voller figuur-vroue. Die eenvoudige lyne veroorsaak dat daar nie ekstra materiale en lae is wat jou groter laat lyk nie. Wees net versigtig vir baadjies wat gestruktureerd is en wyd sit en nie sag langs jou middel afhang nie.

“Manhattan heels” en “Yoko earrings”

iPhone cover

Die appliek-detail is nie slegs vir jou klere nie! Jy kan dit ook vir jou selfoon kry! Die iPhone-foonomhulsel is beskikbaar by Typo en iFix.