Dra dit só

Somer, son en blomme

Fyn blompatrone baljaar in Mango se Somer 2010-reeks, gekombineer met denim en kant vir ’n nonchalante voorkoms.

Jou blom inspirasie

 

Blompatroon skirt (R490), Nucleus. Pienk katoenbloes (R350), Wild orchid Baadjie (R895), juno.
1.SIT STREPE BY
As jy dapper is, dra strepe of fyn
blompatrone saam met groot blomme.

Blou-en-pienk romp van katoen met blompatroon
R490
Nucleus
Groottes: S – Xl

2.FYNTJIES
Vir ’n fleurige somervoorkoms
dra fyn blompatrone saam met denim en brogues.

Pienk katoenbloes met fyn blompatroon
R350
Wild Orchid
Groottes: M

3.GEBAADJIE
Blompatrone werk ook vir die kantoor, of dit nou ’n baadjie of potloodromp is.

Naaswit baadjie van linne met bruin
blompatroon
R895
Juno
Groottes: 32 – 38

Sak (R599), Accessorize Beige hakskoene (R399), Queue. Pienk sandale (R229), Zoom.

4. ’n ARM VOL
As blomme op jou klere nie jou
ding is nie, kan jy jou bykomstighede laat blom.

Handsak van katoen met
blompatrone
R599
Accessorize

5. REK JOU BENE
Skoene met neutrale kleure is dié kopie van die somer. Die vleiende kleur laat jou bene langer lyk.

Beige hakskoene van kunsleer
R399
Queue

6. AS DIE SKOEN PAS
Sandale met 3D blomme gee ’n romantiese gevoel aan ’n uitrusting.

Pienk kunsleersandale met blomme
R229
Zoom

Haarband (R140), Tessa design. Vergulde ring (R200), Tessa design.
7. AGTER DIE ORE
Kry vir jou ’n stylvolle haarband om jou hare oggend en aand uit jou
oë te hou.

Haarband van gepoleerde brons R140
Tessa Design

8. AANDBLOM
Skitter saans met dié blomoorbelle van diamante of diamanté.

Oorbelle van 18 karaat-witgoud
en geeldiamante van 2,79 karaat.
Prys op aanvraag
Shimansky

Soortgelyke oorbelle van glas is te kry teen R199 by Forever New.

9. RUIKER-RING
Laat jou hande die
praatwerk doen met ’n blomme-ring.

Vergulde ring
R200
Tessa Design

Maksi-rok (R450), TRUWORTHS. Rok (R499), Sissy boy. Ligpienk T-hemp (R199,95), Mango

10. BLOMMEKIND
Dra plat sandale of wighakke saam met jou maksi-rok.

Turkoois-en-pienk geblomde
maksi-rok van katoen-mengelstof.
R450
TRUWORTHS
Groottes: 32 – 40

11. KORT-KORT
Kort blomrokke lyk goed saam
met die nuwe stewel-sandaal,
soos Sienna miller wys. 

Kleurryke blompatroon op rok van katoen.
R499
Sissy Boy
Groottes: 4 – 14

12. INFORMEEL
’n T-hemp met blomme lyk
modern saam met die nuwe
geskeurde jeans vir somer 2010.

Ligpienk T-hemp van katoen-mengelstof met blompatrone
R199,95
Mango
Groottes: XS – Xl