simon_rocha
Dra dit só

Só dra jy wit-op-wit modes

Dis dalk ‘n bietjie vroeg om nou al een van die grootste kleure vir somer 2013 te pak, maar maak nie saak wat die weer maak nie: jy sal in die kol wees in wit. Dit is tydloos en funksioneel.

Talle ontwerpers het wit-geïnspireerde ontwerpe op die loopplanke gewys, en daar was veral ‘n spel met teksture soos satyn, kant, deursigtige stof en geborduurde lap. Sien Simon Rocha se reeks hieronder.

Suiwer wit modegier Suiwer wit modegier

Vir die sterker persoonlikheid het ontwerpers soos Daks, Jean-Pierre en John Rocha snyerspakke, en rokke met sterk lyne ontwerp.

Suiwer wit modegier Suiwer wit modegier

Daks                                     Jean-Pierre Braganza

Antonio Berardi John Rocha

Antonio Berardi                                   John Rocha

En vir die sportiewes onder ons is daar maasstof-ontwerpe wat gekombineer word met futuristiese vorms en kleurryke bykomstighede.

Kleurryk in wit uit die SARIE-winkel

Kombineer ‘n klassieke wit hemp met ‘n wit romp of broek. As jy nie een vir ‘n volle uitrusting in dié kleur is nie, probeer ander neutrale, sagter kleure en dra dit saam met ‘n wit item.

Wit modegier Hemp met twee sakke

van Label Femme

Wit modegier Wit modegier

The Dancing Skirt van Christopher Strong                         Stone Broek van SLICK

Speel met kleurryke bykomstighede en sit dié paar blink brogue-skoene by. Dis ‘n mode-wenner en dit kom ook in swart.

Wit modegier Toeryg skoene van Footwork.

Vir diegene wat by ‘n minimalistiese styl wil bly, kies ‘n eenderse of neutrale kleur en volg dié winter se skoenmode met die fokus op hoë hakke.

 Klassieke hoë hakke van Sissy Boy  Wit modegier