Dra dit só

Wat is jou figuurvorm?

UURGLAS

  • Jou figuur Heupe en skouers is byna ewe breed met ’n gedefinieerde middel. 
  • Stylgeheim Behou balans tussen jou bo- en onderlyf
  • Jou styl-ikoon Salma Hayek

Stylwenke

  • Beklemtoon jou kurwes en vermy regaf snitte.
  • Is jy kort? Dra jou rokke en rompe net bo die knie.
  • As jy lank is, dra jou rokke en rompe net onder die knie.
  • Beklemtoon jou middel met detail soos belde, serpe, smokwerk en plooie.

Jou klerekas

  • Rompe: geplooi, vol, A-lyn of potlood
  • Rokke: noupassend en oorvou
  • Neklyne: V-nek, hartjie- of uitgeholde hals

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Swart-en-wit geblomde rok (R895), Hip Hop Oranje-en-blou patroonbloes (R700), Marion & Lindie Ligblou kortmouhemp Wyepypbroek (R350), Twist by Woolworths Potloodromp, spandeks-keperstof (R299), Woolworths
100% stylvol met ‘n uitgeholde hals en breë geel soom. ‘n Swart lintjie vir jou middel.
‘n V-nek vlei jou figuur Detail aan onderste some balanseer die uurglasfiguur. ‘n Romp van spandeks-keperstof.

DRIEHOEK

  • Jou figuur Breë heupe en smal skouers
  • Stylgeheim Laat die fokus op jou bolyf val
  • Jou styl-ikoon Jennifer Lopez

Stylwenke

  • Fokus op jou bolyf met ’n interessante neklyn of juweliersware.
  • Dra helder kleure bo en donker kleure onder om die aandag van jou onderlyf weg te lei.

Jou klerekas

  • Rompe: potloodromp van stewige materiaal soos denim, vol of A-lyn
  • Neklyne: boothals, vierkantig of skouerloos
  • Moue: moue met detail soos die pof-, kap- of vlermuismou
  • Broeke: wyepyp of palazzo-styl

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Pienk sy-chifoon V-nek-rok (R1 500), Slick WIt uitklok-hemprok (R399), Twist by Woolworths Boothals-top met satyn-insetsel (R240), Foschini Chiffonbloes (R230), Foschini Romp (R320), Poetry by Cape Union Mart
Vir ‘n formele geleentheid.
‘n Rok-snit met sak- en mou-detail wat breë heupe verbloem.
Belê in items wat jouskouers breër laat lyk.
Stylvol en informeel.

Die A-lyn-romp, jou veelstydigste belegging.

OMGEKEERDE DRIEHOEK

  • Jou figuur Skouers is breër as jou heupe
  • Stylgeheim Laat die fokus op jou onderlyf val
  • Jou styl-ikoon Jessica Alba

Stylwenke

  • Dra donker kleure bo en ligte, helder kleure onder.
  • Beklemtoon jou heupe deur horisontale lyne of ’n belt daarom te dra.

Jou klerekas

  • Rompe: tulpvormig, volgeplooi of met oorvou-detail oor heupe
  • Rokke: volgeplooi na onder. Horisontale detail by die soom laat jou skouers mooi vertoon
  • Neklyne: U-neklyn, lae V-nek of halternek
  • Broeke: met sak-detail voor of op die kant en laag gesny met ’n breë middellyfband

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Steenkleurige kortbroek (R250), Twist by Woolworths Pofromp met valle (R799), Oaktree by Stuttafords Satynbaadjie met strik (R399), Pari & Max by YDE Blompatroon-top (R649,95), Mango Sjampanjekleurige satynrok (R999), Slick
Kies sak-detail voor.
Valle gee jou heupe natuurlike breedte.
Skouerslim – kies ‘n donker kleur en ‘n lae v-nek. Swart top met pienk blompatroon.

Die U-nek vlei skouers en die plooitjies vlei weer jou heupe.

REGHOEK

  • Jou figuur Skouers en heupe ewe breed, geen gedefinieerde middel
  • Stylgeheim Skep kurwes met jou klere
  • Jou styl-ikoon Kate Hudson

Stylwenke

  • Dra ’n belt om die illusie van ’n middel te skep, veral by eenkleurige uitrustings.
  • Kort bolyf: smal belt
  • Lang bolyf: breë belt

Jou klerekas

  • Rompe: vol, A-lyn of potlood (met ’n kontrasterende kleur in die middel)
  • Rokke: hemprokke met sakke bo en onder, asook ’n middellyfband. Empire-rok met detail op neklyn en onderste soom
  • Bloese: pofmoue, wye V-nek, empire-styl en lae V-nek
  • Broeke: noupyp of lae-heupbroek

Koop reg

1 2 3 4 5 6
WIt safaribaadjie (R699), Esprit Wit top met strikdetail (R160), OBR by Truworths Chiffonbloes (R299), Pari & Max by YDE Chiffon-rok (R350), Oasis by Foschini
So laag soos jy kan … kies jou broeksnit só om ‘n middel voor te stel.
Somersbaadjie met sakke bo én onder ‘n middellyf-belt.
‘n Lae V-nek trek aandag na jou bolyf. ‘n Mooi skouerlyn vra vir detail soos pofmoue.
Detail bo, detail onder – jou elegante heurp en skouers sê die res.
  • Christa Tinderholem

    Die artikel is baie interessant. Ek kry nie waarna ek soek nie. Ek is 53jr oud, jonk van gees en het te veel klere in my kas, maar het niks om aan te trek nie. Help my asb hoe ek my huidige klerekas bymekaar kan aantrek. Ek is 78kg, 1,6 meter, bors grootte 36B, het bree heupe (darm nie te erg nie) en het ‘n magie. Ek dra graag langbroek in die winter. Wil baie graag stylvol en mooi lyk!! Ek het kort ligte hare en dra ook bril.
    Dankie byvoorbaat
    Christa Tinderholem

  • R HENN

    MY PROBLEEM IS SELFDE AS CRISTA..EK IS 65 EN 70KG EN WIL REGTIG NIE SO OUD AANTREK NIE.

    HELP MET RAAD ASB….HOU BAIE VAN SNYERS-BAADJIES,MAAR PARTYKEER IS DIT BAIE WARM
    BLY NABY DURBAN

    BYVOORBAAT DANKIE

    RAGIE HENN

  • KARIN MOSTERT

    GOEIE DAG,
    EK SOEK DRINGEND HULP ASSEBLIEF, EK IS INSULIEN WEERSTANDIG EN SUKKEL OM GEWIG TEVERLOOR, SO EK HET N EKSTRA "TUBE" OM MY MIDDEL LYF EN IS REDELIK GROOT. EK IS 1.76M LANK EN WEEG TANS 101KG EN DRA NIE SOMER ROKKE NIE OMDAT EK MY BENE DEUR LOOP. EK HOU VAN AARDSE KLEURE EN NIE MAL OOR DIE BLING BLING KLERE NIE, PLEIN EN EENVOUDIG, SO EFFE KUNSTIG.
    EK HET KORT GRYS HARE EN JONK VAN GEES. MY BORS MAAR IS 40 B EN EK DRA OOR DIE ALGEMEEN N NR 40 – 44!!! EK WAS N 36!!! SO HELE KLOMPIE JARE TERUG. HELP ASSEBLIEF!!!MY KLERE KAS IS OOORVOL MAAR EK HET NOOIT IETS OM AAN TETREK NIE, DIT MAAK MY MOODY VERAL OMDAT EK DAARVAN HOU OM MOOI AAN TETREK. HELP ASSEBLIEF!!

    BAIE DANKIE BY VOORBAAT VIR DIE HULP,

    MOLLIGE GROETE
    KARIN MOSTERT

  • Millie

    Goeie dag,

    my naam is Millie en is 70 jaar jonk en ek is baie jonk van gees, ek vra raad asseblief:
    my borsmaat: 107cm
    middel: 84cm
    heupe: 120cm
    bo arms: 110.cm

    ek het redelike groot kuite en oumens kniee, ek sukkel om modern aan tetrek asgevolg van my bo arms, ek is baie lief vir moderene modes en helder kleure, ek is n winter mens dus verkies ek pastel kleure, helder blou en pienk.
    ek soiu graag wou weet watter soort style ek kan dra en skoene daarmee saam, ek hou nie van n sandaal tussendie tone deur nie, is n diabeet en dus is my voete baie gevoelig.
    ek dra bril en het kort donker hare en lig van gelaat. HELP asseblief!!

    baie dankie en ek sien uit daarna om van julle tehoor.

    groete Millie