Kry die 'Out of Africa'-voorkoms só

Deur Amaria Carstens & Maya Fowler, SARIE Januarie 2012

Keer terug na die aardsheid van koel linne en neutrale kleure. Só kan jy dié Afrika-sjiek-voorkoms kry.

Vanjaar het die gesoute aktrise Meryl Streep haar agste Golden Globe gewen, dié keer vir haar rol as Margaret Thatcher in The Iron Lady.

En met die Golden Globes-glansgeleentheid nog vars in die geheue, is ons herinner aan daardie klassieke rol van haar in Out of Africa – hoeka ons modedirekteur Chris se gunsteling-fliek. Dis in 1985 uitgereik – presies 'n eeu ná die Deense skrywer van die boek, Barones Karen Blixen-Finecke (Meryl Streep) gebore is.

En in 1986 het Streep die Golden Globe vir beste aktrise in 'n drama daarvoor gewen. 

Chris Viljoen, modedirekteur:

“Lyk Afrika-sjiek – sonder dat jy jou kop hoef te breek oor meng en pas.”

Koop die barones-slooprok nou op sarie.com en kry die Afrika-sjiekvoorkoms binne 48 uur in jou klerekas.

Die barones-slooprok van Jenja.

Galery

  • Ons slooprok herinner aan Out of Africa.
  • Die barones-slooprok van Jenja.

Kommentaar

  • @Mel. OOOO genade! Dit het verby ons almal se oë geglip! Dankie dat jy ons reggehelp het!

    20ste Jan. 2012, 10:48
  • Hi Rone Die lekker ding van die rok is jy kan hom op-'dress' met 'n wedge en lekker gemaklik maak met 'n 'pump'. So altwee sal baie goed werk. Nog n idee is om 'n beltjie om jou te draai en dan kan jy dit na meer formele geleentheid dra. Groete Chris

    19de Jan. 2012, 16:29
  • wat se skoene werk hierby?? pumps, wedges ?

    19de Jan. 2012, 16:05
  • nie vir my mooi Hou nie van 'n wye ding met 'n belt gaan my vet soos 'n worsie laat lyk

    19de Jan. 2012, 15:30
  • Ek dink julle bedoel Meryl STREEP. :)

    19de Jan. 2012, 14:10