Sit Golden Globes se glans in jou klerekas
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Die sterre het dit vandeesweek by die Golden Globes bewys: blinkgoed en juweelkleure soos diep-pers, smaraggroen en ryk saffierblou is in.
Michelle Williams (foto bo) van My Week with Marilyn (waarvoor sy 'n beste aktrise-prys losgeslaan het) het geskitter in pers, en so ook Emma Stone van The Help, die immergewilde Michelle Pfeiffer en Jane Krakowski van Ally McBeal-faam.
Die Britse veteraanaktrise Helen Mirren het sensasioneel gelyk in haar rok van inkblou glans-sy, en Evan Rachel Wood (The Ides of March) het ons asems weggeslaan in 'n blink smaraggroen skepping met vere en kolle wat herinner aan die patrone van ’n pou.
Laura Dern (beste aktrise in 'n TV-reeks) se groen rok met blinkers was eweneens 'n uitstekende keuse.
As al die ryk kleure en blink juwele jou inspireer, móét jy 'n draai gaan maak op ons winkelblad, waar ons 'n paar juweelsandale van Errol Arendz het wat so reg in dié trend pas. Goeie nuus is dat dit nóú deel is van die somer-uitverkoping.
Nes Chris daar sê, met sulke skoene aan, gaan jy die wêreld aan jou voete hê! Jy voel dalk sommer soos 'n rolprentster ...
Koop die juweelsandaal nou op sarie.com en kry die juweelvoorkoms binne 48 uur in jou klerekas.

- Foto van Getty Images
Verwante artikels
-
Golden Globes: Ons gunsteling-rokke
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 7
Die 69ste Golden Globe-toekennings is gister (15 Januarie 2011) in Los Angeles gehou. Ons modedirekteur, Chris Viljoen, wys sy gunsteling-rokke. Meryl Streep het elegant en gemaklik gelyk in haar klassieke rok – beslis 'n wenner!
-
Watter Eastwood gaan dié jaar in die Golden Globes-kollig wees?
SARIE Januarie 2013
Clint Eastwood se dogter, Francesca,gaan dié jaar die beeldjies uitdeel by die Golden Globe-toekennings.















Kommentaar