Kry 'n nuwe hare- en grimeervoorkoms op sarie.com - só moet jy maak

SARIE Julie 2010

Lus vir 'n nuwe haarstyl en grimeervoorkoms?

Wonder jy hoe sal jy lyk met Angelina, Katie of Penélope se haarstyl? Speel met ons splinternuwe hare-en-grimering 'tool' op sarie.com en skep 'n nuwe jy.

Deel dan sommer jou nuwe voorkoms en foto's met ons, jou familie en vriende!

Hier's jou kits-mooimaak in 5 maklike stappe:

  1. Klik by sarie.com se Daily Makeover Tool om jou mooimaaksessie te begin
  2. Laai 'n kop-en-skouers-foto van jouself op of kies een van die modelle om mee te werk.
  3. Kies uit 'n verskeidenheid haarstyle
  4. Gee vir jouself 'n nuwe grimeervoorkoms deur uit verskillende kleure en style lipstiffie, blosser, oogskadu en onderlaag te kies.
  5. Stoor jou nuwe voorkoms op jou rekenaar vir daardie volgende besoek aan die haarkapper, druk dit uit of stuur dit vir jou vriende en familie aan.

Dieselfde model met nuwe hare en grimering Nog &aposn hare- en grimering-opsie

Verwante artikels

Galery

  • Die sarie.com hare- en grimeer-tool
  • model_original.jpg
  • Dieselfde model met nuwe hare en grimering
  • Nog 'n hare- en grimering-opsie

Kommentaar

  • Ek kry nie die hele bladsy gesien nie.

    5de Okt. 2011, 20:30
  • Nee ek hou nie van plat onvoorbeeldige hare nie. Daar is niks lekkerder om voor die spieelkas te sit, met 'n haardroër om warm rollers in my hand nie. Jou hare moet body hê, enige iemand kan plat hare hê, maar min mense kry dit reg om hulle hare self te blaas dat dit lyk of jy uit die salon uit gestap het.

    23ste Sep. 2011, 15:35
  • Ek wil dit so graag probeer, maar julle link werk nie!!

    20ste Sep. 2011, 15:21
  • GOEIEDAG Ai hoe wens ek tog nie dat ek ook na iemand spesiaal kan lyk nie. Ek het op julle skep 'n nuwe voorkoms vir my mooi gemaak maar het in werklikheid nie die geld om dit werklik te doen nie - so nou droom ek maar. Ek het kort hare en wil dit graag skouerlengte hê in strawberry blond. Weet net nie of dit gaan pas nie. Ek weet om hare te laat vassit kos duisende en ek wens ek kan ook die geleentheid kry om 'n mooimaak sessie te kan bywoon waar al hierdie dinge vir my gedoen word. My hare en naels groei verskriklik stadig so dit gaan jare vat voor ek moontlik daarby gaan uitkom. Ek bid so dat iemand bereid sal wees om my te help. Baie dankie en dankie vir julle wonderlike tydskrif. Groete

    20ste Feb. 2011, 17:33
  • als pas haar ek sukkel so om iets anders te kry om my te pas bly net vas hak op 1 styl

    21ste Jul. 2010, 21:54
  • Sy het so 'n pragtige gesig dat al die haarstyle en verskillende grimering haar pas.

    14de Jul. 2010, 11:43

Web Development by FormFunction