Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl

Deur Fanie Cronjé, SARIE - Junie 2010

Kry só Nadia Valvekens se veelsydige haarstyl Foto’s: Aubrey Jonsson Galery

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor-en binneblaaie. Hy sê hoe jy Nadia se haarstyl kan kry.

Hy was tot onlangs die aanbieder van die oormaak-program ID op kykNET en is ’n gereelde gas op Glitterati. Hy vertel hoe jy jou hare ook soos Nadia s'n kan kry.

KRY SÓ NADIA SE HAARSTYL

Nadia se haarstyl is ‘n bietjie kabouter, ‘n bietjie Twiggy en baie veelsydig.

Op foto 2 is haar hare reguit geblaas en los punte in haar nek met knippies weggesteek – as jy jou hare permanent só wil dra, laat dit eerder só knip.

Vir die ander twee style is ‘n stileerproduk deur haar hare gekam vir volume en toe met die vingers gestileer en drooggeblaas. As jy dun hare het soos Nadia moet jy versigtig wees om nie te veel van ’n produk te gebruik nie – hare val dan maklik plat.

Nadia Valvekens Nadia Valvekens Nadia Valvekens

* Kyk ook: Watter voorbladfoto van Nadia sou jy gekies het?


Verwante artikels

Galery

  • Nadia Valvekens
  • Nadia Valvekens
  • Nadia Valvekens

Kommentaar

  • Dit is 'n heerlike, maklike styl - my hare is baie dieselfde gesny en ek is regtig baie gelukkig met die styl. Ek hou van die deurmekaar styl, want dit gee karakter!

    3de Jun. 2010, 16:18
  • Ek is mal oor die haarstyl, het self dun hare en wil graag weet wie haar hare sny.

    3de Jun. 2010, 07:39
  • sy lyk pragtig in al twee haarstyle.

    1ste Jun. 2010, 12:21