Lyk slanker – ja, veral met horisontale strepe!

Deur Maya Fowler, SARIE Januarie 2012

Lyk slanker – ja, veral met horisontale strepe! Foto’s: Gallo images/Getty images Galery

’n Slanker figuur: dit verbaas jou dalk, maar horisontale strepe is ’n wenresep! Selfs die wetenskaplikes stem saam.

Dis 'n feit: Horisontale strepe kan uiters vleiend wees. Ja, jare lank al word ons aangesê om weg te bly van strepe wat dwars loop as ons maerder wil lyk, maar in der waarheid is strepe ’n vrou se beste vriend. Noem dit maar ’n geheime wapen!

Dit werk op dieselfde beginsel as wanneer jy ’n belt om jou middel dra: ’n horisontale streep wat jou nouste punt beklemtoon. En nou is dit wetenskaplik bewys ook. Volgens ’n studie van dr. Peter Thompson van die Universiteit van New York, skep strepe wat dwars loop inderdaad die persepsie van ’n slanker silhoeët.

Skep 'n slanker silhoeët met die vleiende en veelsydige Hermanus-T-hemprok (links), die superstreep-maksirok (middel) of die swembad-japon (regs) in SARIE se nuwe aanlyn-modewinkel en kry die jou pakkie binne 48 uur.

Hermanus T-hemprokSuperstreep-maksirokSwembad-japon

Of as jy strepe op jou arm verkies, kyk gerus na ons sebra-motief-handsak!

Sebra-motief-handsak

* Blaai ook deur ons gratis aanlyn-modetydskrif om te sien hoe jy hierdie items kan dra:

- Hermanus T-hemprok

- superstreep-maksirok

- swembad-japon

- sebra-motief-handsak

Galery

  • Cameron Diaz in haar gestreepte rok
  • Hermanus T-hemprok
  • Superstreep-maksirok
  • Swembad-japon
  • Sebra-motief-handsak

Kommentaar

  • strepe sal maar altyd n wenner bly!

    20ste Jan. 2012, 13:38