Die nuutste op die modefront: Die Middleton

Deur Michelle Els, SARIE - Maart 2011

Ons ken die mini en die knielengte, maar wat is daardie een so tussen die twee?

Dit wil byna knielengte wees, maar kry dit nie heeltemal reg nie. En dan probeer dit hard om soos die mini te wees ... maar dít is dié romp beslis ook nie. Sarah Mower van vogue.com vra: “Maar is dit dan nie die Middleton nie?”

Die romp met die nuwe lengte het uiteindelik sy identiteit, en ’n gepaste naam, gevind! Kate Middleton dra gereeld dié lengte romp, so saam met stewels, en dis net gepas dat dit haar naam kry.

Verwante artikels

Kommentaar