Wat is jou figuurvorm?

Deur Amaria Carstens, SARIE - Oktober 2008

Wat is jou figuurvorm? Foto’s: Milan Cronjé, Rodger February Galery

Hoe om jou heupe te verbloem, jou middel te vlei en breë skouers nouer te laat lyk. Plus ons kies die perfekte klerekas vir jóú.

UURGLAS

  • Jou figuur Heupe en skouers is byna ewe breed met ’n gedefinieerde middel. 
  • Stylgeheim Behou balans tussen jou bo- en onderlyf
  • Jou styl-ikoon Salma Hayek

Stylwenke

  • Beklemtoon jou kurwes en vermy regaf snitte.
  • Is jy kort? Dra jou rokke en rompe net bo die knie.
  • As jy lank is, dra jou rokke en rompe net onder die knie.
  • Beklemtoon jou middel met detail soos belde, serpe, smokwerk en plooie.

Jou klerekas

  • Rompe: geplooi, vol, A-lyn of potlood
  • Rokke: noupassend en oorvou
  • Neklyne: V-nek, hartjie- of uitgeholde hals

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Swart-en-wit geblomde rok (R895), Hip Hop
Oranje-en-blou patroonbloes (R700), Marion & Lindie

Ligblou kortmouhemp
Wyepypbroek (R350), Twist by Woolworths
Potloodromp, spandeks-keperstof (R299), Woolworths
100% stylvol met 'n uitgeholde hals en breë geel soom.
'n Swart lintjie vir jou middel.
'n V-nek vlei jou figuur
Detail aan onderste some balanseer die uurglasfiguur. 'n Romp van spandeks-keperstof.

DRIEHOEK

  • Jou figuur Breë heupe en smal skouers
  • Stylgeheim Laat die fokus op jou bolyf val
  • Jou styl-ikoon Jennifer Lopez

Stylwenke

  • Fokus op jou bolyf met ’n interessante neklyn of juweliersware.
  • Dra helder kleure bo en donker kleure onder om die aandag van jou onderlyf weg te lei.

Jou klerekas

  • Rompe: potloodromp van stewige materiaal soos denim, vol of A-lyn
  • Neklyne: boothals, vierkantig of skouerloos
  • Moue: moue met detail soos die pof-, kap- of vlermuismou
  • Broeke: wyepyp of palazzo-styl

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Pienk sy-chifoon V-nek-rok (R1 500), Slick
WIt uitklok-hemprok (R399), Twist by Woolworths
Boothals-top met satyn-insetsel (R240), Foschini
Chiffonbloes (R230), Foschini

Romp (R320), Poetry by Cape Union Mart
Vir 'n formele geleentheid.
'n Rok-snit met sak- en mou-detail wat breë heupe verbloem.
Belê in items wat jouskouers breër laat lyk.
Stylvol en informeel.

Die A-lyn-romp, jou veelstydigste belegging.

OMGEKEERDE DRIEHOEK

  • Jou figuur Skouers is breër as jou heupe
  • Stylgeheim Laat die fokus op jou onderlyf val
  • Jou styl-ikoon Jessica Alba

Stylwenke

  • Dra donker kleure bo en ligte, helder kleure onder.
  • Beklemtoon jou heupe deur horisontale lyne of ’n belt daarom te dra.

Jou klerekas

  • Rompe: tulpvormig, volgeplooi of met oorvou-detail oor heupe
  • Rokke: volgeplooi na onder. Horisontale detail by die soom laat jou skouers mooi vertoon
  • Neklyne: U-neklyn, lae V-nek of halternek
  • Broeke: met sak-detail voor of op die kant en laag gesny met ’n breë middellyfband

Koop reg

1 2 3 4 5 6
Steenkleurige kortbroek (R250), Twist by Woolworths
Pofromp met valle (R799), Oaktree by Stuttafords
Satynbaadjie met strik (R399), Pari & Max by YDE
Blompatroon-top (R649,95), Mango

Sjampanjekleurige satynrok (R999), Slick
Kies sak-detail voor.
Valle gee jou heupe natuurlike breedte.
Skouerslim - kies 'n donker kleur en 'n lae v-nek. Swart top met pienk blompatroon.

Die U-nek vlei skouers en die plooitjies vlei weer jou heupe.

REGHOEK

  • Jou figuur Skouers en heupe ewe breed, geen gedefinieerde middel
  • Stylgeheim Skep kurwes met jou klere
  • Jou styl-ikoon Kate Hudson

Stylwenke

  • Dra ’n belt om die illusie van ’n middel te skep, veral by eenkleurige uitrustings.
  • Kort bolyf: smal belt
  • Lang bolyf: breë belt

Jou klerekas

  • Rompe: vol, A-lyn of potlood (met ’n kontrasterende kleur in die middel)
  • Rokke: hemprokke met sakke bo en onder, asook ’n middellyfband. Empire-rok met detail op neklyn en onderste soom
  • Bloese: pofmoue, wye V-nek, empire-styl en lae V-nek
  • Broeke: noupyp of lae-heupbroek

Koop reg

1 2 3 4 5 6

WIt safaribaadjie (R699), Esprit

Wit top met strikdetail (R160), OBR by Truworths
Chiffonbloes (R299), Pari & Max by YDE
Chiffon-rok (R350), Oasis by Foschini
So laag soos jy kan ... kies jou broeksnit só om 'n middel voor te stel.
Somersbaadjie met sakke bo én onder 'n middellyf-belt.
'n Lae V-nek trek aandag na jou bolyf. 'n Mooi skouerlyn vra vir detail soos pofmoue.
Detail bo, detail onder - jou elegante heurp en skouers sê die res.

Verwante artikels

Galery

  • Uurglad-figuur
  • Pienk sy-chifoon V-nek-rok (R1 500), Slick
  • Swart-en-wit geblomde rok (R895), Hip Hop
  • sb08figuurvorms_reghoek_1.jpg
  • Oranje-en-blou patroonbloes (R700), Marion & Lindie
  • WIt uitklok-hemprok (R399), Twist by Woolworths
  • Blou gestreepte baadjie (R370), Foschini
  • WIt safaribaadjie (R699), Esprit
  • Ligblou kortmouhemp
  • Boothals-top met satyn-insetsel (R240), Foschini
  • Wyepypbroek (R350), Twist by Woolworths
  • A-lyn-romp (R1250), KLûk CGDT
  • Potloodromp, spandeks-keperstof (R299), Woolworths
  • Chiffonbloes (R230), Foschini
  • Wit top met strikdetail (R160), OBR by Truworths
  • Wyepypbroek (R370), Leigh Schubert by The Space
  • Chiffonbloes (R299), Pari & Max by YDE
  • Romp (R320), Poetry by Cape Union Mart
  • Chiffon-rok (R350), Oasis by Foschini
  • Pofromp met valle (R799), Oaktree by Stuttafords
  • Satynbaadjie met strik (R399), Pari & Max by YDE
  • Blompatroon-top (R649,95), Mango
  • Ligpienk chiffonrok (R299), Pulsate
  • Sjampanjekleurige satynrok (R999), Slick
  • Steenkleurige kortbroek (R250), Twist by Woolworths

Kommentaar

Web Development by FormFunction