Mode

Dra jou juwele soos ‘n pro

Die meeste van ons het ʼn hele laai vol juwele en dra waarskynlik dieselfde item dag na dag.

Nuus flits – jy kan nou meer dra uit jou juwele kry met laag op laag stilering. Dit maak nie saak of dit n bonkige halsnoer, kettings, ringe of oorbelle is nie – die SARIE mode span wys jou hoe om dié bykomstighede soos ʼn “pro” te stileer.

Halssnoer

Dra swaar en fyn items saam, jy hoef nie jou pronkerige halssnoer in die kas te bere vir ʼn spesiale geleentheid nie, dra dit saam met jou eenvoudiger items om elke dag ʼn goeie indruk te maak.

Stileer twee of drie halsnoere in dieselfde of verskillende metale om ʼn eenkleur-top te breek. Moenie jouself teveel daaroor bekommer om jou kettings ewe ver uit mekaar uit te stileer nie. Die halssnoere kan ook selfs hangertjies hê.

Ringe

Baie ringe aan jou hande. As jy wil veilig speel dra ringe bymekaar van dieselfde metaal.  Die trend die seisoen is egter om verskillende metale saam te dra. Hou die res van jou voorkoms eenvoudig sodat jou hande die kollig steel.

Armbande

Armbande is waarskynlik die maklikste wanneer dit kom by die laag op laag mode gier. Kies een arm en los die ander een kaal of net met ʼn horlosie

A photo posted by @piecesandchloe on

Neem voordeel van draai armbande. Elkeen vat baie arm spasie dit maak dié mode gier maklik sonder om ʼn ton juwele te dra.

A photo posted by I D É E (@ideegram) on

Oorbelle

Jou oorbelle kan nou skitter in verskillende vorms van die son tot die maan en interessante teksture – alles in een oor.

A photo posted by Lucile (@lucile_dlr) on

Kyk hier na die nuutste juwele:

Halssnoer

Halssnoer, Mimco by Woolworths

Ketting-halssnoer

Ketting, Miss Maxi by spree.co.za

Draai Halssnoer

Draai Halssnoer, Forever New

Kort Halssnoer

Kort Halssnoer, Forever New

Halssnoer

Halssnoer, Mango

Tossel Halssnoer

Oorbelle

Oorbelle, Mango

Ringe

Ringe, c(inch) by spree.co.za

Ringe

Ringe, Style Republic by spree.co.za

Oorbelle

Oorbelle, Mimco by Woolworths

Oorbelle

Oorbelle, c(inch) by spree.co.za

Mode-intern: Lezaan Nel