Victoria Secrets vertoning, Parys 2017

Victoria Secrets vertoning, Parys 2017

Mode

VSFS 2016: Só het dit gelyk

Dís een van die modevertonings wat die meeste bekendes lok: Die jaarlikse Victoria’s Secret-vertoning. Ná weke se afwagting het die skouspelagtige vertoning gister in die stad van liefde plaasgevind.

51 modelle het die verhoog gedeel met groot name in die musiekbedryf, soos Lady Gaga, The Weeknd en Bruno Mars.

Hier’s 5 goed wat jy moet weet:

1. Dis die eerste keer dat dié modevertoning in Parys, Frankryk, gehou is.

2. Nie almal wat tydens dié vertoning loop, is Victoria’s Secret-engele nie. Jy staan net bekend as ’n engel wanneer jy jou eerste paar vlerke kry.

3. Kendall Jenner, Bella en Gigi Hadid het al drie gisteraand hul vlerke gekry. Dié drie is ook benoem as Top Internasionale Model by die jaarlikse Britse Modetoekennings.

FOTO Instagram / @bellahadid

FOTO Instagram / @bellahadid

4. Hoewel die onderklerehuis al sedert 1977 onderklere maak, is hul eerste The Victoria’s Secret Fashion Show in 1995 gehou. Die vertoning het modelle soos Magdalena Wróbel en Stephanie Seymour ingesluit.

5. Die Suid-Afrikaanse model en Victoria’s Secret-engel, Candice Swanepoel, en haar beste Namibiese engel-vriendin, Behati Prinsloo, het albei vanjaar vir die eerste keer ma geword. Dit was die eerste keer in byna 9 jaar dat hulle nie in dié vertoning verskyn nie. Albei sal in 2017 terugkeer.

FOTO Instagram / @behatiprinsloo

FOTO Instagram / @behatiprinsloo

 

Nothing like an Eiffel Tower sunrise… #VSFashionShow

 

A photo posted by Victoria’s Secret (@victoriassecret) on

 

Hier is van ons gunsteling-oomblikke:

Gigi Hadid

Kendall Jenner

Bella Hadid

Joan Smalls

Alessandra Ambrosio

Sui He

Elsa Hosk

Adriana Lima

Lily Aldridge

Jasmine Tookes het vanjaar die Fantasy Bra gedra, wat $3 miljoen (ongeveer R42 miljoen) gekos het.

Nog sexy oomblikke tydens die vertoning:

Ek moet erken, daar is ’n paar van dié klein stukkies wat ek nie sal omgee om te hê nie. Maar vir eers roep die gim my …

Lees nou

Babas by die dosyne – Springbok, koninklike én akteur

Desember is hier! Laai jou gratis kalender af

Bradley Cooper word pa!