SARIE Desember 2015 modestorie. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. MODEL: Chloe Munton van Full Circle

SARIE Desember 2015 modestorie. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. MODEL: Chloe Munton van Full Circle

Mode

Het jy gehoor? Dié taboes oor bykomstighede is verby

Daar was altyd baie streng reëls oor bykomstighede. Soos: moenie jou metale meng nie, dra nóóit goud en silwer saam nie. Want als moes altyd bymekaar pas. Selfs die gespe van jou belt moes dieselfde metaalkleur as jou juwele wees. Maar ons reken dit bederf al die opwinding van ’n uitrusting. Daarom is ons so dankbaar dat dié reëls nie meer so streng is nie.

#1 Moenie soos ‘n Kersboom lyk nie

Die nuwe reël is “the more the merrier” – hoe meer, hoe beter! Dra jou juwele laag op laag en lyk soos die mooiste Kersboom op die blok.

Baie ringe, baie armbande, baie oorbelle asook hope halssnoere. Kry nóg, pile it on!

 

#2 Juweliersware se metale moet dieselfde wees

Daardie dae is al lankal verby. Meng geelgoud, roosgoud en witgoud. Selfs goedkoper metale soos silwer en koper word saam gedra. Veral horlosies is gewild wanneer dit kom by die meng van metale.

 

Fossil horlosie (R1 999) by www.watchrepublic.co.za

Fossil horlosie (R1 999) by www.watchrepublic.co.za

#3 Jou bykomstighede (belt, skoene en handsakke) moet dieselfde kleur wees

Aikôna, van daardie idee moet jy so gou en so vinnig moontlik ontslae raak. Speel met kleure en selfs patrone. Indien jy onseker is, of nie só uitspattig wil raak nie, dra een helder kleur of patroon saam met ‘n neutrale kleur soos swart.

Hoe voel jy oor die nuwe reëls? Of is dit te gewaagd vir jou?