FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Adele en ander sterre ontwerp handsakke

Die sangeres Adele en nege ander sterre het hul eie handsakke saam met die modehuis Fendi ontwerp vir die Peekaboo-projek.

Fendi se bekoorlike parfuum …

Om die opening van hul vlagskip-winkel in Londen gister te vier, het Fendi volgens dié modehuis se webblad ’n groep buitengewone vroue genader om saam met hulle geld in te samel vir die Peekaboo-projek, ’n liefdadigheidsinisiatief wat fondse insamel vir Kids Company.

Gwyneth Paltrow verkoop haar klere vir liefdadigheid

Adele, Cara Delevingne, Gwyneth Paltrow, Jerry Hall, Georgia May Jagger, Tracey Emin, Zaha Hadid, Naomie Harris, Tanya Ling en Kate Adie het toe aan die werk gespring om hul eie handsakke te ontwerp.

Cara is as jong meisie oor haar “lelike vel” gespot

Die vroue moes simbole van Brittanje se kreatiewe gees as inspirasie gebruik in die ontwerp van hul Peekaboo-handsakke.

Fendi maak dan twee handsakke van elk van dié ontwerpe – een vir die bekendes om te hou en die tweede een om by ’n spesiale geleentheid opgeveil te word. Die geld wat uit die verkoop van dié handsakke ingesamel word, sal aan liefdadigheid geskenk word.