FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Almal praat oor Keira Knightley se rok – dís hoekom

Of jy’s mal daaroor, of jy haat dit. Dié rok van Keira Knightley het die modewêreld verdeel. Wat dink jy daarvan?

Keira is een van die ontwerper Karl Lagerfeld, ontwerper van Chanel, se lieflinge. Maar toe sy by ’n modevertoning in dié swart-en-wit-rok as ’n gas uitstap, was alle oë eerder op haar as op die vertoning.

En dié rok het die modewêreld verdeel. Sommige mense is gek daaroor, ander meen dit is absurd en skep die verkeerde beeld van hoe die “perfekte vroulike figuur” lyk.

Wat dink jy daarvan? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Keira Knightley Chanel  : Photocall  - Paris Fashion Week Womenswear Fall/Winter 2014-2015

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

  • Elzabe Coetzer Meintjes

    Sy het die figuur om dit te kan dra. Ons weet teen die tyd hoe lyk ‘n vroue figuur. Sy het die moed gehad om te waag.

  • Wendy Bean

    Dis maar net ‘n rok. Vir meeste skraal vroue wat dit sou aantrêk sou dit baie eenders lyk. Die feit dat die bo-stuk wyd gesny is, en die middel met rek ingeneem is, laat mens onmiddelik dink aan ‘n perdeby-lyfie. Ek sou dit persoonlik nie dra nie, want ek dink dis lelik, maar “each to his own” … Modegiere was nog nooit populêr vir my nie.