Het jy gehoor?

Andy Murray & Kim Sears, dalk Burberry se nuutste paartjie

Andy en Kim sal groot skoene moet vul as hulle instem om die gesigte van  Burberry te wees. In die verlede het bekende glanspaartjies soos Cara Delevigne en Eddie Redmayne, Emma Watson en George Craig, Rosie Huntington-Whiteley en Sam Riley, en die Sienna Miller en Tom Surridge, dié eer gehad.

Sienna Miller & Tom SurridgeEddie Redmayne & Cara Delevigne

FOTO LINKS: Sienna Miller en Tom Surridge vir Burberry | FOTO REGS: Cara Delevigne en Eddie Redmayne vir Burberry

Kyk hier na Burberry se oulike advertensies met 10-jarige Romeo Beckham!

Emma Watson en George CraigRosie Huntington-Whiteley & Sam Riley
 

FOTO LINKS: Emma Watson en George Craig vir Burberry | FOTO REGS: Rosie Huntington-Whiteley en Sam Riley vir Burberry

Simon Fuller, Andy se bestuurder, is besig met onderhandelinge, maar hy glo dat Kim se pragtige hare en Andy se sterk kakebeen en atletiese bou, perfek sal wees vir Burberry.

Die modehuis het nog geen kommentaar gelewer oor hierdie bespiegelinge nie, maar het gesê dat Burberry eers die modelle bekendmaak, sodra daar op ‘n finale paartjie besluit is.

Ons hou maar duim vas, want met hare soos die van Kim, sal ons beslis twee keer kyk!

Kry Kim se hare só!

Kim Sears, Andy Murray se meisie, langs die tannisbaan