FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Het jy gehoor?

Baba-blieng is ‘in’

In 2013 het Kanye West vir Kim Kardashian, toe nog sy meisie, ’n knoets van ’n ring van £500 000 (meer as R8 miljoen) gekoop, is in The Sun berig. Dit was nie ’n verloofring nie, maar eerder ’n geskenk om die koms van hul eersteling, North West, te vier. 

Aanvanklik was hierdie luukse gebaar net bekendes beskore, maar deesdae koop al hoe meer mans glo vir hul meisie of vrou duur juwele om die geboorte van hul kind te vier.

Nuusmedia het die gier “baby bling” of “push present” gedoop. En as ’n mens die Britse poniekoerant Daily Mail kan glo, is die gier hier om te bly met ook goedkoper alternatiewe soos “babavoet”-ringe wat gewild raak. Net in die aanlynjuwelierswinkel Jewlr het die verkope van baba-blieng in ses maande met 150% gestyg.

Ons wonder of hierdie luukse gier gaan oorspoel na Suid-Afrika toe?