FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

Het jy gehoor?

‘The Bling Ring’ wys ontwerpersmodes én obsessie op sy beste

Die opspraakwekkende fliek The Bling Ring is geïnspireer deur die ware verhaal van ’n groep tieners wat by sterre se huise inbreek om só hul hande op ontwerpersitems én ’n deel van die celeb te kry.

Paris Hilton, Rachel Bilson, Orlando Bloom, Miranda Kerr, Megan Fox en Lindsay Lohan is maar net ’n paar celebs wat vanaf 2008 vir byna ’n jaar lank geteiken is in huisinbrake. Die inbrekers het niks van veel waarde gesteel nie, behalwe aandenkings en ontwerpersitems. Die diewe? Vyf welgestelde tieners – bekend as die Hollywood Burglar Bunch – wat ’n obsessie oor roem en ontwerpersitems gehad het.

FOTO: The Bling Ring

FOTO: The Bling Ring

Dié vyf tieners se storie word nou vertel deur die bekroonde regisseur Sofia Coppola (wat ook verantwoordelik was vir Marie Antoinette en Lost in Translation). Daar word reeds gesê dat die Harry Potter-aktrise Emma Watson, wat een van die hoofrolle vertolk, moontlik bekroon kan word vir haar geloofwaardige vertolking as een van die obsessiewe tieners. Kritici meen dié fliek wys hoe obsessief die samelewing met die konsep van celebrity geword het en hoe die grens tussen ’n karakter op televisie en die akteur begin vervaag.

Soos met Marie Antoinette is die kostuums in dié fliek van Sofia geloofwaardig en skouspelagtig – die obsessie met ontwerpersitems bereik nuwe hoogtes in dié fliek! En vir enige modeliefhebber is dit ’n fantasie om van die mooiste ontwerpersklere só te bekyk.

Lees hier oor Sofia Coppola se klerereeks vir Louis Vuitton!

Kate Hudson oor ontwerpersklere

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

 

Kate Hudson het aan Harper’s Bazaar vertel dat sy (wat sowat $38 miljoen of nagenoeg R386 miljoen werd is) nie kan bekostig om die rokke te koop wat sy op die rooi tapyt dra nie. “Mense dink ek besit al die rokke. Maar ek leen hulle! Ek kan dit nie bekostig nie!

 

“Ek bestee nie baie geld op ontwerpersklere nie. Ek wens ek kan, maar dit is net te duur … Dinge verander wanneer jy twee kinders het en skoolgeld moet betaal.”

 

Alles wat skitter in ons SARIE-winkel

Vir soortgelyke prag-klere hoef jy nie jou spaarvarkie leeg te maak óf die besige winkels te besoek nie. Met SARIE se aanlynwinkel kan jy alles van klere tot dekor-items vir jou koop – kyk, klik en koop hier.

(Klik op naam om die item te koop)

FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

Die tieners steel uit bekendes se klerekaste FOTO: The Bling Ring (YouTube/Cieon Movies)

Shimmer shift dress en Metallic wrap dress

Sequined vest en Sequined tank top

Emma Watson wil weer studeer!

FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

FOTO: The Bling Ring (YouTube/Cieon Movies)

Green and turquoise gem necklace en Multicoloured necklace

Glitter teardrop earrings en Chandelier earrings

FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

Die tieners steel uit bekendes se klerekaste FOTO: The Bling Ring (YouTube/Cieon Movies)

Kleurblok-ooptoonsandale en Peep-toe heels with leather bows

FOTO: The Bling Ring (Youtube / Cieon Movies)

FOTO: The Bling Ring (YouTube/Cieon Movies)

Kyk hier die lokprent vir dié fliek

The Bling Ring het Vrydag, 15 November, in Suid-Afrikaanse teaters begin draai.