Britney Spears by die MTV Musiek Toekennings.
FOTO @britneyspears_instagram

Britney Spears by die MTV Musiek Toekennings. FOTO @britneyspears_instagram

Het jy gehoor?

Britney Spears verras weer

Wanneer daar ’n rooitapyt-geleentheid is, kan ons nie anders as om ons te verkyk aan die bekendes se uitrustings nie. Party slaan jou asem weg, ander laat jou sidder. Die groot verrassing by vanjaar se MTV Video Music Awards was Britney Spears.

Britney haal byna nooit die wenlys as dit by uitrustings kom nie, maar dié keer kry sy dit wraggies reg.

Die swart rok met uitsny-detail het perfek gepas aan haar ferm lyf. Sy het dit reggekry om vir ’n slag stylvol sexy te lyk.

 

Nicki Minaj het sensasioneel gelyk in ’n vlootblou rok wat elke kurwe beklemtoon.

 

Beyoncé se metgesel het meer aandag getrek as sy. Haar dogter, Blue Ivy, se oulike uitrusting was perfek vir ’n 4-jarige wat soos ’n prinses wil voel en lyk.

 

Ons is in twee geskeur oor Kim Kardashian se uitrusting. Ja, sy lyk sexy, maar ons is nie seker oor haar hare nie. Dit lyk byna asof sy nou net uit die stort geklim het.

In die algemeen was ons nie regtig beïndruk met die bekendes se uitrustings nie.