FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Aktrises skitter in Chopard op die rooitapyt

Marion Cotillard, sowel as Jennifer Lawrence, wat beide benoem is vir ‘n BAFTA toekenning in die “beste aktrise”-kategorie, het die Switserse handelsmerk ondersteun en absoluut asemrowend gelyk. Lawrence, wat benoem is vir haar rol in die aangrypende rolprent “Silver Linings Palybook” het driehoekige diamant oorbelle gedra vanuit die Red Carpet reeks, sowel as ‘n besonderse ring van toermalyn en topaas vanuit die Temptations reeks. Dié juwele het haar Christian Dior uitrusting perfek afgerond. Die Bonkige diamant en saffier halsnoer vanuit die Haute Joailerie reeks het die unieke gelaatstrekke van die Franse skoonheid, Marion,  pragtig gekomplimenteer en haar soos ‘n ware ster laat skitter. Emmanuelle Riva het op die ou end met die toekenning weggestap vir haar rol in die Franse film “Amour”, maar Marion en Jennifer het beslis ons stem in die juweliers-afdeling!

Gaan lees gerus verder oor die uitspattige juweliersware wat te sien was op die rooitapyt dié jaar by www.thejewelleryeditor.com.