Het jy gehoor?

David Beckham sexy en stylvol

Sy sokkerstewels het hy al in 2013 opgehang, maar sy naam is steeds goud werd.

Becks is nie net ‘n mooi gesig (en lyf!) nie; hy doen ook liefdadigheidswerk. Hy is reeds sedert 2005 by die VN-kinderfonds betrokke en verlede jaar het hy 7: the David Beckham UNICEF Fund begin wat kinders in gevaar help. Vir dié werk is hy in Januarie bekroon met die fonds se Danny Kaye Humanitêre Leierskapsprys.

Sy meer as 53 miljoen volgelinge op Facebook wys mense is mal oor hom, en wêreldwyd volg mans sy nuutste styl na. Hy bly die “ultimate metrosexual”.

David Beckham het nie ongesiens by die internasionale klerewinkelgroep H&M verbygegaan nie en hulle het in 2012 saam met hom ‘n mansreeks begin. As jy nog altyd heimlik gedroom het dat die man in jou lewe so stylvol soos dié 40-jarige is (hy is in November 2015 deur die tydskrif People as die wêreld se sexyste man aangewys), hier is jou kans.

Die David Beckham Body-reeks en die Modern Essentials wat deur David self gekies is, is nou vir die eerste keer in Suid-Afrika beskikbaar (vanaf 18 Februarie) in alle H&M-winkels met ‘n mansafdeling.

Só lyk David in die H&M-items wat hy kies

Items vir die stylvolle man in jou lewe:

T-hemp

Golf hemp

Golf hemp

Trui

Trui

Hemp

Baadjie

Baadjie

Jas

Langbroek

T-hemp

Baadjie

Denimhemp