screen_shot_2013_05_20_at_3.12.20_pm
Het jy gehoor?

Kry jóú Levi’s nou in die SARIE-winkel

Toe Levi Strauss saam met Jacob Davis in 1873 ‘n ontwerp vir klinknaels op die sakke van werksbroeke gepatenteer het, sou hulle nooit kon droom op die impak daarvan op die moderne kultuur nie. Die Levi’s® 501®-denim – die oorspronklike en heel eerste blou denim is 140 jaar gelede ontwerp. En vandag is dit steeds populêr en deel van internasionale kultuur en styl. 

‘n Historiese oorsig van die impak van die 501®-denim

1873 Levi Strauss en die kleremaker Jacob Davis gebruik die koper klinknael op die plekke waar die denimbroeke van werkers die meeste spanning ervaar. Op 20 Mei 1873 is die patent vir die gebruik van klinknaels toegestaan.
1890 Die denim met die klinknaels word ‘501’ gedoop – die syfer was bloot om tussen die verskillende produkte wat Levis Strauss vervaardig het, te differensieer.
1936 Die eerste rooi lussie word aan die Levi-denim se sakke vasgewerk om Levi’s van ander denims te onderskei.
1943

Een van die oudste klerepatente wat steeds vandag gebruik word, word ontwerp: die bekende Arcuate steek.

1950’s

Die rebelle van die 1950’s het met trots die 501®-denim gedra. Eers geassosieer met die werkersklas van die Groot Depressie, het hulle dit geneem en verander in ‘n simbool van eenheid en rebelsheid.

James Dean, Marlon Brando, Jack Kerouac en Jackson Pollack het dit begin dra. Vinnig word die 501®-denim ‘n embleem vir die rebelse jeug.

Ook Marilyn Monroe dra só ‘n denim in die rolprent The Misfits

1960’s en 1970’s Dié denims word steeds deur die jeug gedra en is teenwoordig tydens die vredesbeweging van dié tyd.
1980’s Steve Jobs besluit op sy ikoniese voorkoms: ‘n swart polo-nek, 501®-denims en grys New Balance-tekkies.
1989 Selfs bo-op die Berlynse muur dra jeugdiges dié broek
1990’s Die 501® is ook baie prominent gedurende die ‘Grunge’-beweging. Dit word ‘n stapelitem vir rockers soos Kurt Cobain.
2000 Time Magazine noem die 501® die mode-item van die 20ste eeu – bo die minirok en die klein swart rokkie.

Kry jou Levi’s mode-items binne die SARIE-winkel

Levi’s®  zipper Back Long Sleeve Top

Levi’s® Trucker Denim Jacket

Levi’s® Supreme Curve Slim Bootcut (links)

Levi’s® Bold Curve Straight (middel)

Levi’s® Demi Curve Slim Bootcut (regs)

Kyk hier die pad wat die Levi’s® 501®-denimal gestap het: