4857.20130514123241597.ext_large
Het jy gehoor?

NUWE FLIEK: Een groot (en stresvolle) troue + Kry jou trou-voorkoms hier!

Ware verhaal

Arme Monique Erasmus (née Smith) van Port Elizabeth het verlede naweek enige toekomstige bruid se nagmerrie eerstehands beleef. Net voor sy kansel toe sou stap, het sy uitgevind dat haar troubeplanner haar in die steek gelaat het! Die onthaal sou nie gebeur nie. Vinnig het vriende en familie begin planne maak om vir hulle ‘n onthaal te reël om dié groot dag te vier. (Lees die volledige storie in Die Beeld.)

Die troudag is stresvol genoeg sonder sulke insidente. Vandag begin ‘n nuwe film waarin Diane Keaton en Susan Sarandon speel wat ook wys wat alles kan verkeerd loop op dié spesiale dag …

Nuwe fliek

Don (Robert de Niro) en Ellie Griffin (Diane Keaton) was getroud en het 3 kinders: Lyla (Katherine Heigl), Jared (Topher Grace) en hul aangenome seun, Alejandro (Ben Barnes) van Colombië. Dit is die naweek van Alejandro en Missy (Amanda Seyfried) se troue, maar dinge begin skeefloop wanneer Alejandro se uiters konserwatiewe biologiese ma laat weet dat sy die troue gaan bywoon. Vir haar bestaan daar nie so iets soos skei nie, en daarom besluit die Griffin-gesin dat Ellie en Don sal moet maak asof hulle steeds gelukkig getroud is.

Klink sommer alreeds soos ’n resep vir ’n ramp. Die kersie op hierdie fiasko-koek is egter die feit dat Don begin uitgaan het met ’n ander vrou, Bebe (Susan Sarandon), wat ook eens op ’n tyd Ellie se beste vriendin was.

Kyk hier na die lokprent van The Big Wedding

Ma van die bruid, of slegs ‘n gas?

Kry jou voorkoms in die SARIE-winkel

Vir die elegant ma van die bruid:

Die kleur en motief van dié verruklike hemp, sal jou laat uitstaan tussen die gaste! Dra dit saam met ‘n swart of goud-kleurige snyersbroek en jy sal altyd elegant en klassiek vertoon. Die hemde kan ingesteek word by ‘n snyersbroek en sal baie mooi lyk saam met korter baadjies. Jy kan dit selfs nie insteek nie en dit saam met ‘n langer fluweel baadjie dra.

HEEL BO, LINKS:

Pleated Peplum Top van Loin Cloth & Ashes

HEEL BO, REGS: 

Cotton Sateen Stretch Pants van Jenja

MIDDEL, LINKS: 

Classic Shirt van Nucleus

MIDDEL, REGS: 

Gold Pocket Jacket van CRAVE

ONDER, LINKS: 

Classic Shirt in Swart van Nucleus

 ONDER, REGS: 

Velvet Waterfall Jacket van Nanine

LINKS, BO: 

Carmina Heels vna ER COLLECTION

LINKS, ONDER: 

Fede Clutch van Fred TSUYA

Vir die eksentrieke ma van die bruid:

Pussy Bow Blouse van Friede-Mari Kellerman

Cocktail Blazer With Sequinsvan Silver Spoon

High-waisted Skirt van Loin Cloth & Ashes

Black Patent Court Shoes van Gino Paoli

Rokke vir gaste

LINKS: Pencil Dress With Lace Applique van Adam & Eve

REGS: Jae Dress van Jacoba

Prettige juweliersware

LINKS:Bead Necklace van Gina Laura Designs

MIDDEL: Erin Necklace van Balabos

REGS: Pear-shaped Earrings van Civetta Spark

GROOT NUUS! Vanaf 4 September gaan daar pragtige bykomstighede vir jou troudag in ons SARIE-winkel wees. Hou SARIE.com en die SARIE-winkel dop vir meer inligting. Volg ons ook op Facebook en Twitter.