FOTO Instagram / @thatcoat

FOTO Instagram / @thatcoat

Het jy gehoor?

Dié jas het sy eie Instagram

Deesdae kan enigiemand of selfs enigiets ’n Instagram-profiel hê. Maar juis omdat dit so wemel van die prentjies, is daar min wat werklik aandag trek. Nou het ’n jás – ja, jy lees reg – met sy eie profiel reeds 7 000 volgelinge!

’n Zara-jas is onlangs aangewys as een van die gewildste jasse op straat in die Noordelike Halfrond. Die jas is só gewild dat dit sy eie Instagram-profiel het, naamlik @ThatCoat. Twee susters, Alice en Emily Bray, het dit verlede week geskep en dit het in dié kort tyd soveel volgelinge gekry.

Hoe werk dit? Jy neem ’n kiekie van jou en jou Zara-jas en stuur dit vir Alice en Emily. Hulle plaas dit dan op @ThatCoat se Instagram-profiel. Lees hul volledige storie hier.

Zara het beslis hul navorsing gedoen, want dié jas is gepas vir enige ouderdomsgroep.

Ek kan goed verstaan dat die jas baie gewild is! Ek sal self nie omgee vir só nommertjie nie, maar ongelukkig is dit nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Hier is ’n paar foto’s wat op die jas se Instagram-blad: 

A photo posted by That Coat (@thatcoat) on

– Die jas is ongelukkig nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Wat dink jy van die jas?

Bron: Whowhatwear