1
Het jy gehoor?

Die jongste mode-ikoon nóg!

Alonso Mateo, wat gebore is Mexiko en tans in Laguna Beach, California woon, is as 5-jarige die nuutste stylgier wat die mode-wêreld aan die gons het! Alonso se ma, Luisa Fernanda Espinosa, wat ’n vryskut-stilis is, se Instagram-profiel het meer as 131 000 volgelinge sedert sy foto’s van haar seun se uitrustings op dié sosiale webwerf begin deel het. Die modeslaaf het ook 5 ondersteunersblaaie op Facebook.

The Cult berig dat Alonso en sy sy ma elke oggend voor skool sy uitrusitings uit sy groot inloop-klerekas kies. Sy gee hom raad, maar op die ou end bly dit sy keuse. Alonso dra graag ontwerpersklere van Target, Little Marc Jacobs, Dior, Gucci en H&M. Sy gunsteling mode-items is snyerspakke, opryg-tekkies en sonbrille.

Loer in SARIE se modekas vir die nuutste trends!

Terwyl die meeste vroue wens hul man sal net ’n ander broeksnit aanpas, kry dié 5-jarige dit reeds reg om ’n mode-ikoon te wees! Dalk moet jy op jou man of vriend se Instagram gaan en namens hom dié koddige modeslaaf se foto’s volg vir ‘n bietjie inspirasie!

Kry van Alonso se gunstelinge op Spree:

Vlieënier-styl sonbrilAviator sunglasses

Tekkie met wighakIsabella wedge sneakers

Blou denimbaadjieLevi’s® Tucker Denim Jacket