4ipzcx6274fdzpxd
Het jy gehoor?

Die 10 top-modelle van alle tye: Kyk wie’s hulle

Hier is 5 van die modelle wat die lys gehaal het:

Twiggy was bekend vir haar vals wimpers, kapsel en tingerige figuur. Justin de Villeneuve (toe bekend as Nigel Davis) het haar in ‘n haarsalon ontdek waar sy gewerk het. Hy het daarna haar kêrel, bestuurder en mentor geword.

Wie is jóú gunsteling-model van alle tye?

Suzy Parker

Suzy Parker was bekend vir haar vlamrooi hare. Haar vriende was onder andere Dorian Leigh, Coco Chanel en Diana Vreeland. (So gepraat van in die regte kringe beweeg.) Audrey Hepburn se karakter in die rolprent Funny Face is op Parker geskoei.

Kate Moss

Kate Moss is as 14-jarige op die JFK-lughawe ontdek. Haar naam op dié lys is geen verrassing nie. Sy en die wêreldbekende fotograaf Mario Testino is goeie vriende. Testino sê Kate is sy muse.

Gisele Bündchen

Gisele Bündchen dra sedert 2001 die titel as die hoogs betaalde model ter wêreld, aldus Forbes. Sy het wat elke vrou oor droom: die “perfekte” lyf.

Naomi Campbell

Naomi Campbell is die eerste swart vrou wat op voorblaaie van Paris en British Vogue verskyn het. In 1988 het Yves Saint Laurent gedreig om al sy advertensies in die Franse Vogue te onttrek, tensy hulle Naomi en ander swart modelle sou vertoon.

  • http://ceifcdrqqset.com/ ngnconcb

    Pds6Vt wlpojnhzmszo, [url=http://dtczvoccswhl.com/]dtczvoccswhl[/url], [link=http://cupwizcpqimk.com/]cupwizcpqimk[/link], http://krakynixnvsu.com/