sr0907skoonnuus16
Het jy gehoor?

Dior se tydlose geure

In 1947 is Miss Dior as ’n haute couture-parfuum beskryf en dié geur was simbolies van ’n terugkeer na Franse luuksheid.

Dior het ook in die 1960’s grense verskuif toe hy die behoefte aan ’n ligter parfuum raakgesien het. Sy antwoord was Eau de Cologne Fraîche.

Hierdie geur was perfek vir die somerhitte en het kenmerkende sitrus- en houtnote bevat. Vandag is Escale à Portofino (R1 075 vir 125 ml EDT) ’n moderne plaasvervanger vir sy Eau de Cologne Fraîche en Miss Dior (R640 vir 30 ml EDT) is steeds ná 60 jaar immergewild!

“Dis moeilik om jou in te dink hoeveel sorg en moeite daarin gaan om ‘n nuwe parfuum te vind.” – Christian Dior

Sofia Coppola was die regisseur van dié inspirerende Miss Dior-advertensie