Het jy gehoor?

Dis weer sulke tyd … David Beckham in sy onderklere

David het vroeër vanjaar sy klere laat waai vir ‘n TV-advertensie van die Sweedse kleremaatskappy H&M, en nou trek die voormalige sokkerheld wéér sy klere uit.

David Beckham se klerereeks vir H&M bestaan uit ontspanningsdrag én onderklere. En met die nuwe seisoen se reeks wat binnekort op die rakke gaan wees, beteken dit net een ding – nóg ‘n advertensie met David sonder sy klere.

In die vorige advertensie het David sy atletiese vernuf gewys deur oor mure te spring en sy hele buurt plat te hardloop – kyk die video hier. Dié keer is hy in ‘n kleedkamer – ‘n ruimte waar dit dalk ‘n bietjie meer gepas is om in jou onderklere rond te loop. Hy sê dié kleedkamer het hom sommer laat terugdink aan die begin van sy sokkerloopbaan.

David se klerereeks bestaan uit ontspanningsdrag soos lospassende sweetpakbroeke, T-hemde en natuurlik ook onderklere.

Wat dink jy? Is hierdie Beckham op sy beste?