Het jy gehoor?

Ontwerper-sonbrille vir die sokker

Op die rame van Oakley se sonbrille (R1 500 elk) kan Brasilië se landsvlag op die een gesien word, terwyl die ander een met die Suid-Afrikaanse vlag spog. Hierdie sonbrille het ‘n meer sportiewe voorkoms.

Vir diegene wat eerder dood as uit die mode is, is daar Dolce & Gabbana se vlieënier-styl sonbrille (R2 580 elk). Die een het ‘n groen metaalraam en die ander ‘n groen-en-silwerkleurige metaalraam.

Jy kan dié ontwerper-sonbrille slegs by Sunglass Hut in Suid-Afrika kry.

Vir meer inligting, kontak 021 486 6200 of besoek www.sunglasshut.co.za.