nianell_smile2
Het jy gehoor?

Eksklusief: Simon Rademan se lys van bes- en swaksgeklede vroue

Mode-ontwerper Simon Rademan het pas sy lys van die bes- en swaksgeklede vroue in SA vir 2009 bekend gemaak.

Vir al die foto’s en Simon se kommentaar, klik by www.simonrademan.co.za

Die South African Best and Worst Dressed WomenTM is ‘n platform wat glansmense en die publiek bewus maak van modes en hoe dit gedra word. Dit inspireer mense en vernou ook die gaping tussen glansmense en die publiek deur te wys dat ware styl enigiemand toekom, nie net enkele sterre nie. Ware styl gaan nie oor wat jy dra, waar jy bly en waarmee jy ry nie. Aikona!

Mode behoort aan almal, maar met soveel style, winkels, ontwerpers en die internet kan dinge soms skeefloop … En as glansmense en rolmodelle weet hulle is in die publieke oog en mense sien hulle raak, moet hulle mos mooi lyk.

Só sê Simon – 3 reëls

  1. Trek gepas aan vir jou ouderdom
  2. Trek gepas aan vir jou figuur
  3. Trek gepas aan vir die geleentheid


Só lyk die top-10 lysies

Besgeklede SA vroue vir 2009

Zanele Mbokazi – stigter en hoof- uitvoerende beampte van Crown Gospel Music
Uyanda Mbuli - rubriekskrywer (People-tydskrif)
Nianell – sangeres
Lorna Potgieter-Rossetti – voormalige Mej. Suid-Afrika
Khanyi Mbau – aktrise en sosiale vlinder
Jenna Dover – aktrise
Janine Viljoen-Habana – vrou van rugbyspeler Brian Habana
Elita de Klerk – voormalige president F.W. de Klerk se vrou
Dudu Zuma - Jacob Zuma se dogter
Corine du Toit - aktrise

Swaksgeklede SA vroue vir 2009

Thembisile – sangsensasie
Tamara Day – sangeres
Riaan Venter - die Nutsman (Raar maar waar…)
Phemelo Ngcobo - SABC 1 Home Affairs
Pam Andrews – aktrise en sangeres
Lady Kitty Spencer - niggie van wyle Prinses Diana
Beauty and the BEE – satiriese karakter
Barbara Ray - country-sangeres
Augustine Chuene Masilela – voormalige Mej. Wêreld (SA)
Anele Mdoda - aanbieder van SA’s Got Talent

**Die kandidate is bekend en jy kan nou gaan stem vir jou gunsteling tot 9 Januarie om 12:00.

  • Surita

    Arme Riaan Venter om nou in die lysie te wees vir Suid Afrika se swaks geklede vroue – sommer twee houe vir sy selfbeeld – hy trek lelik aan en hy is eintlik vroulik!! :-)

  • Eurika

    goeiste, ek het gestik in my koffie toe ek Riaan Venter se naam onder die vroue sien!

  • Janine

    Ja koeksister wat het Riaan nou eintlik te doen met die hele vroue storie… so asof dit nie genoeg was ‘n ruk terug net na sy egskeiding dat daar gese is hy hang in gay clubs uit nie…. ek dink julle skuld Riaan ‘n verskoning…

  • Elaine

    Ek stem saam met Janine!!!!

  • Linda

    Ek stem saam met Janine en Elaine. Simon is buitendien die laaste een om te praat, wat klerestyl en lewenstyl betref. Ek wens uit my hart uit dat die media sal ophou om sy "lys van besgeklede vroue" (in elk geval iets wat hy heel astrant vir homself toegeëien het) so op te hemel want baie min mense stem met sy smaak saam.

  • Eleanor

    Ek het die lys hierdie jaar baie geniet, dankie Sarie, en dankie Simon, en soos van die vorige jare het dit gepaard gegaan met goeie advies wat vir ‘n gewone mens soos ek inspirasie bied. Daar is altyd een of twee wat ek ook nie mee saamstem nie, maar merendeels is die kommentaar is baie gepas. Linda en Elaine, ons is almal maar geregtig op ‘n opinie, goed of sleg, Simon tog ook.

  • Suzanne

    Ek lag weer te lekker vir die geterg met Riaan/Jessica. Simon se tog duidelik op sy webtuiste dat genomineerdes graag voor kameras rondpronk, en juis daarom mag ons almal opinies lewer. Ons woon in ‘n land met vrye spraak en ek vir een, is dankbaar daarvoor.

  • http://nvhtfqnpaers.com/ hcjqraapbky

    WplxBD xdwogegqxejs, [url=http://mtsyemfjwvrv.com/]mtsyemfjwvrv[/url], [link=http://pvrrzwefajoe.com/]pvrrzwefajoe[/link], http://qwtgujavthul.com/