Het jy gehoor?

Elle MacPherson intiem in SA!

Die Aussie-skoonheid Elle Macpherson, beter bekend as Die Lyf, dra die rekord as die swembroekmodel wat die meeste kere op die gesogte Sports Illustrated Swimsuit Issue-voorblaaie gepryk het – ‘n volle 5 keer! Maar dis nie die enigste rekord wat sy hou nie…Haar gesogte onderklere-reeks, Elle Mcpherson Intimates is die topverkoper in Brittanje en is pas in Suid-Afrika bekendgestel. Dis by uitsoektakke van Edgars, Temptations, Stuttafords en Storm In A-G Cup beskikbaar.

Dié besige vrou is vanjaar ook een van die beoordelaars van Britain’s Next Top Model en is ook een van die ambassadeurs vir RED, ‘n inisiatief wat deur U2 se Bono en Bobby Shriver begin is om geld in te samel vir die bewusmaking van VIGS, TB en malaria. 

 
ELLE MCPHERSON INTIMATES