FOTO: Instagram (@donnakaranthewoman)

FOTO: Instagram (@donnakaranthewoman)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Donna Karan verlaat ikoniese modehuis

Donna Karan het groot modenuus gemaak met die aankondiging dat sy ná 31 jaar haar posisie as hoofontwerper vir Donna Karan Internasionaal (DKI) verlaat, berig E! Online

Bekendes soos die sangeres Taylor Swift en aktrise Sofia Vergara is groot aanhangers van Donna (die kreatiewe brein agter die DKI-handelsnaam) se vleiende skeppings.

zqy0a21nc5jzj51

Die New York Times berig dat Donna sal aanbly as ’n adviseur vir DKI en daar is op die oomblik geen planne om dié modehuis se naam te verander nie. Intussen word die Donna Karan-reeks tydelik gestaak en DKI sal nie by die opkomende New Yorkse Modeweek verteenwoordig word nie.

Donna sê dat sy nou op ’n punt in haar lewe is waar sy meer aandag aan haar filantropiese projekte wil wy. Een daarvan is haar Urban Zen Organisasie wat fokus op die bewaring van kulture, innerlike welsyn en kinderbemagtiging.

Donna Karan is ook die ontwerper van die bekende DKNY-handelsmerk.

 

Kyk hiér na Donna Karan se nuutste loopplank-reeks.

Bronne: E! Online, New York Times en Urban Zen Foundation

Lees ook